'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hoe reageer jy in tye van onsekerheid of bedreiging? Die natuurlike reaksie van mens en dier is om laer te trek. Om te verdedig en seker te maak jy en jou mense is veilig. “Vir ‘n tydjie moet ek nou eers minder omgee vir ander en sorg vir myself of my groepie.”

Gelukkig is hierdie natuurlike reaksie, nie ons enigste opsie nie. Ons as mense het die vermoë om ook te kan kies om my eie belang tweede te stel en ter wille van ander op te tree. Die maklikste voorbeeld is seker ‘n ouer wat bereid is om baie op te offer ter wille van ‘n kind. Of mense wat baie van hulle tyd en hulleself gee vir gemeenskapswerk. Die beste voorbeeld van hierdie “teen natuurlike optrede” is God self, wat in Jesus Christus homself verneder en geoffer het.

Vir ons as volgelinge van Jesus is daar ‘n groot ontdekking – God maak van ons nuwe mense – met ‘n nuwe natuur. Hierdie nuwe natuur tree nie op ter wille van onsself nie, maar ter wille van ander. Natuurlik is dit makliker as dit met ons self goed gaan. Wanneer die “papaja in die waaier beland”, dan is dit toetstyd vir hierdie nuwe natuur – die geleentheid om na vore te kom – of die hartseer ontbloting van die ou natuur wat nog eintlik die septer swaai in my lewe.>>

Lees verder: Ter wille van wie …

Ons eerste WhatsApp-groep is vol, maar ons het nog ‘n groep oopgemaak. Dieselfde boodskap word op beide groepe geplaas. Volg die maklike stappe soos hieronder of jy kan nou op jou selfoon kliek op hierdie skakel: https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0

Gedeelte van die inkomste gaan aan Helderberg Gemeente

www.truth2kids.org

Vir die Truth2kids span is dit ‘n vreugde om die waarheid van God se Woord te bring aan kinders in gemeenskappe, skole en kleuterskole. Ons wil alle eer aan die Here gee vir al die geleenthede wat Hy deurentyd vir ons geskep het ten spyte van die pandemie uitdagings. Ons is dankbaar vir elkeen van die omtrent 900 kinders wat in 26 Bybelklubs bereik kon word vanaf die begin van die jaar. Sommige klubs word buite gehou en op ander plekke word die stoeltjies ver uit mekaar gepak sodat kinders mooi met hul maskers veilig kan deelneem. Sommige skole gee nou ook weer vir ons geleentheid in klastyd. Dit is ‘n groot vreugde om te beleef hoe leergierig die kinders is om meer oor God te leer en hoe pragtig hul waarhede onthou en spontaan tot eer van die Here sing. Ons gebed is dat hul Jesus as enigste Verlosser sal volg.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Truth2Kids

Kom neem deel aan die fotokompetisie vir 2021 en stem vir jou gunsteling foto. 

Hoe werk die stemme? Daar is 13 foto’s om van te kies. Elke rand vir jou gunsteling foto, tel vir een stem. Jy kan vir jou foto stem deur ‘n inbetaling in Helderberg Uitreik se rekening te maak met EFT of HU se snapscan. Verwys: Foto en nommer, bv Foto 15. Die 3 foto’s met die meeste stemme wen kontantpryse. Hierdie kompetisie is ‘n fondsinsamelings inisiatief vir Helderberg Uitreik se oorhoofse bestuurskostes en sluit 30 September 2021. Die 13 foto’s vertel die pragtige stories van die werk van Helderberg Uitreik se projekte. Toestemming is van alle betrokkenes of hulle ouers/voogde verkry om die foto’s te gebruik.

Jy kan sommer dadelik begin stem. Hier is kort storie oor elke foto:>>

Lees verder: Helderberg Uitreik se Fotokompetisie 2021!!

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri