'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons nooi jou graag uit na Sondag se inry-diens. Die diens begin om 09:00 en koffie sal vooraf te koop wees voor die Kapel. Onder Vlak 3 regulasies kan ons net 100 mense op die perseel wees en vra ons dus dat jy vroegtydig bespreek, hier is die skakel om te bespreek: https://forms.gle/YC9bDfoF4umPZbwy8 

Indien dit lyk na reën Sondag sal die diens teen Vrydag 12:00 uitgestel word. Digitale dienste gaan steeds voort.

Ons is ‘n NG gemeente wat glo, hoop en vertrou dat die Here ons gebruik om dissipels van Jesus te maak. As gemeente het ons duisende sendelinge wat elke dag oral waar ons beweeg die boodskap van Christus verkondig. Hy is ons fondament.

Sommige reken die onlangse gebeure in ons land is die begin van die einde. Vir ander weer is ons op die einde. Koerante vlieg van die rakke af met opskrifte soos “Just the beginning”. Mense is onseker. Die kassier by Pick n Pay vertel my dat hulle Saterdagoggend vroeg moes inkom om te help “restock”. Die rakke is leeg gekoop. Hier is ‘n nuwe seisoen wat aanbreek vir Suid-Afrika.

Regdeur die Bybel lees ons van oorgangstydperke. Ons lees van volke, gelowiges en dissipels wat nuwe seisoene moet aanpak. Die goeie nuus is dat die Here die weg van elke nuwe seisoen ken. Hy ken die pad. So baie male gebeur dit dat gelowiges knus by die voete van Jesus wil wegkruip met die aanbreek van ‘n nuwe era.

Hierdie komende Sondag gesels ons oor hoe Jesus hierdie wêreld saam met ons wil binne stap. Hoe help die groter narratief van die Bybel ons om te reageer op die nuwe seisoen. - Deon Els

Die dienste is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebookblad, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir dankoffer.

Ons kry navrae van mense wat graag iets wil adverteer en ons kry ook terugvoering van mense wat reeds gebruik maak van ons “adverteringsplekke”. Daar is twee plekke waar jy advertensies kan plaas en dit is op die webblad, asook Facebook.

Op die webblad (www.nghelder.co.za) gaan jy regs bo na Adverteerders en volg dan die maklike stappe. Dan kan jy ook op ons Facebookgroep met die naam Helderberg Gemeente gesels lekker inskryf en jou advertensie daar plaas. Gaan kyk gerus na wat reeds beskikbaar is hier. Natuurlik moet die advertensie ook nie teen ons waardes wees nie.

Ons begin weer met Bybelstudie hierdie week. Kliek hier vir die uitdeelstuk van Rob Clarke vir dié week se byeenkoms en hier is die Zoom-skakel:
https://us04web.zoom.us/j/76916879827?pwd=SnJxYTdPNTFQRmNCQThaQXBacTlBdz09
Meeting ID: 769 1687 9827
Passcode: pM6edU

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri