'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Corneille Barnard was 13 lank lid van Helderberg Gemeente en vertrek aan die einde van die maand na haar nuwe tuiste in Hartenbos. Sy het diep spore in ons gemeente getrap en was vir 11 jaar by die kerkkantoor betrokke waar sy verskillende rolle vervul het – van leraarsekretaresse tot gasvryheidskoördineerder tot aanbiddingskoördineerder.

As ‘n mens vir Corneille vra wat sy die meeste van Helderberg gaan mis, is haar antwoord “Mense, mense, mense …..Helderberg se verskeidenheid mense wat jou aanvaar net soos wat jy is.” Corneille is seker die persoon wat die meeste mense gehelp het om ‘n aktief by Helderberg in te skakel. Sy het mense se gawes raakgesien en hulle gehelp om by ‘n bediening betrokke te raak waar hulle hul gawes kon uitleef.

Daar is verskillende prentjies van Corneille wat voor ons oë afspeel: ons sien haar lag saam met haar omgeegroep; ons sien haar agter die kospotte of trollies rondskuif by ‘n gemeentefunksie; ons sien haar speel saam met die kinders by Divorce Care; ons sien haar in die Tent saam met die “Kreatiewe Kuiergroep”; ons sien haar rondhardloop by die kerk om Levi’s te organiseer; ons sien haar bid saam met iemand in nood; ons sien haar as die vriendelike gesig by die inrykerk.

Corneille gaan betrokke wees by “Creative Hands” in Hartenbos. Ons wens is dat die hand van God altyd met haar sal wees en dat sy ook daar ‘n verskil sal maak: “ook daar sal U hand my lei, u regterhand my vashou” (Ps 139:10).>>

- Danie O’Kennedy

Aanbidding wil graag hierdie geleentheid gebruik om vir Corneille Barnard opreg te bedank vir al haar jare van getroue, onbaatsugtige diens vir Helderberg. Corneille, jou kreatiwiteit, oog vir detail, bereidwilligheid en uitmuntende administrasie vaardighede het jou ‘n integrale deel gemaak van die Aanbiddingspan. Maar, dis nie waar Corneille se betrokkenheid gestop het nie. Markte, feesdae, etes, kreatiewe geleenthede en die lys gaan aan…
Corneille, ons is saam met jou baie opgewonde oor jou nuwe avontuur maar weet dat ons jou vreeslik baie gaan mis. Mag die Here jou beskerm en ryklik seën in als wat jy aanpak. Ons weet jy gaan ‘n reuse sukses maak van jou besigheid, want niks doen jy half nie.

Baie liefde en seën

- Die Aanbiddingspan

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri