'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Sondag 22 Augustus
Ons gesels hierdie komende Sondag saam vanuit ’n nagmerrie in die Kinderbybel. Die verhaal van Daniël in die leeukuil is seker een van die bekendste verhale in die Ou Testament. Kinders blaai vinnig na die prentjie van Daniël wat rustig sit in die teenwoordigheid van honger leeus. Dis hoogs indrukwekkend. Die Here stuur engele om die bekke van die leeus te sluit. En Daniël sit rustig.>>

So baie male kyk ons na Daniël se verhaal en ons bewonder sy waagmoedige vertroue in God. Ons smag almal na die geloof van Daniël. Ons kyk na Daniël se aand in die kuil as sy grootste geloofs-oomblik. Miskien moet ons vir ’n oomblik terugstaan. Kom ons kyk na die groter prentjie. Ons kom bitter vinnig agter dat die een aand in die leeukuil waarskynlik nie Daniël se grootste oomblik was nie. Ons kom agter dat Daniël se grootste geloofstap was om lewenslank getrou en gehoorsaam agter God aan te beweeg. Ons lees ’n tweede belangrike ding. Ons kom agter dat Daniël gereeld terug gekeer het na die adresse van sy vriende. Daniel ken die pad huiswaarts. Die mense wat hom help om te groei in geloof. 

Deon Els

Die deurkollekte gaan aan Helderberg Hospitaal Die inrykerk begin om 09:00 en jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Daag net op en bring sommer jou koffie en eetgoed saam en geniet dit saam met ons. Die digitale eredienste gaan steeds voort op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook en webblad.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri