Roepingsverklaring 2018

Leef met ‘n passie vir God en ʼn hart vir mense en ‘n wêreld in nood.

Waardes
Vertroue – Leerbaarheid – Deernis - Gasvryheid

Bedieningsfokusse:

op pad met...

God
“Kom hier! Kom saam met My” . . . Mark 1:17
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Matt 11:8
“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. Ef 1:3
“Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde . . . Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” Matt 28:17 en 20

mekaar
“Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. 1Joh 4:12
“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Rom 13:8
“Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het” Ef 4:32

die wêreld
“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels.” Matt 28:18
“Ek sal julle vissers van mense maak” Mark 1:17
“Soos U My na die wêreld gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur” Joh 17:18
“Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Ps 35:5

Ek maak dit moontliik deur my gebede, deelname en finansiële bydrae aan Helderberg Gemeente.

ONS 12 UITGANGSPUNTE

1. God is prioriteit in ons lewe – dit wat vir God belangrik is, is vir ons belangrik. Dit vra ʼn oorgawe, ʼn radikale verbintenis van ons hele lewe aan Hom.
2. Ons harte vind geen rus voordat ons in God dié rus vind nie, daarom sonder ons tye en ruimtes af om saam en afsonderlik op God te fokus.
3. Ons het ʼn behoefte aan groei en leer, daarom is dissipelskap vir ons belangrik en ontdek ons saam wat dit behels.
4. Ons is só passievol oor God, daarom kan ons nie anders as om voluit te lewe en saam met ander opgewonde te wees oor God nie.
5. Ons weet dat baie mense bekommerd is oor die toekoms, daarom help ons mekaar om uit God se hoop te leef.
6. God is aktief besig in ons wêreld en omgewing, maar ons sien dit nie altyd raak nie, daarom vestig ons mekaar se aandag daarop.
7. Ons glo die gemeente word deur God geroep, daarom aanvaar ek medeverantwoordelikheid om my tyd en geld te gee vir die werk van die gemeente.
8. God het ons kinders lief, daarom is ons kerk op ʼn manier wat hulle inspireer om deel te wees van en in die gemeente te bly.
9. Ons erken dat mense nie dieselfde is nie, daarom is ons intensioneel daarop ingestel om hierdie verskeidenheid te omhels.
10. Hierdie is God se gemeente en almal is welkom, daarom kies ons om niemand uit te sluit nie.
11. Ons erken mense het ʼn behoefte om te behoort, daarom skep ons tyd en ruimtes om hierdie behoeftes aan te spreek.
12. God bou sy koninkryk deur groot en klein aksies van gelowiges, daarom erken en ondersteun ons projekte van groepe gelowiges en ook die daaglikse aktiwiteite van individuele gelowiges in die wêreld.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri