'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

‘n Vriend van my sê vir my dat hy as gelowige voel soos die Springbokke se wedstryd van die vorige week. Hy is besig om te wen, maar dit is ‘n baie onaangename spulletjie. Hy is moeg om te hoor mense is moeg, hy is kwaad vir al die mense wat so kwaad is vir die regering, vir die kerk, vir die wat inent en vir die wat nie inent nie. Hy kyk sy dienste en hy kyk ook bietjie wyer na beter dienste. Hy sit in sy huis en bid vir almal, maar al nuus wat hy kry is hoe sleg dit met almal gaan. Hy wil nie meer so wen nie.

In 1 Petrus lees ons van Petrus wat met die gelowiges praat wat oor die wêreld versprei. Gelowiges met wie dit moeilik gaan. Hy roep hulle op om hulle priesterskap te omhels. Om tot seën vir die wêreld te wees, maar nog meer as dit, om uit te gaan en die wêreld te seën. Om mense bewus te maak daarvan dat die goedheid van God by hulle is. Ek is ook moeg daarvoor om te wen soos die springbokke. Ek wil met die vreugde van God in my lewe na mense toe gaan.

As ons hierdie roeping verstaan maak dit dat ons nie meer toelaat dat omstandighede ons geluk bepaal nie, maar dra ons God se geluk saam met ons. 

- Paul Barnard

Die deurkollekte gaan aan Leierskap

Die inrykerk begin om 09:00 en jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Die digitale eredienste gaan steeds voort op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook en webblad.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri