'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hoe reageer jy in tye van onsekerheid of bedreiging? Die natuurlike reaksie van mens en dier is om laer te trek. Om te verdedig en seker te maak jy en jou mense is veilig. “Vir ‘n tydjie moet ek nou eers minder omgee vir ander en sorg vir myself of my groepie.”

Gelukkig is hierdie natuurlike reaksie, nie ons enigste opsie nie. Ons as mense het die vermoë om ook te kan kies om my eie belang tweede te stel en ter wille van ander op te tree. Die maklikste voorbeeld is seker ‘n ouer wat bereid is om baie op te offer ter wille van ‘n kind. Of mense wat baie van hulle tyd en hulleself gee vir gemeenskapswerk. Die beste voorbeeld van hierdie “teen natuurlike optrede” is God self, wat in Jesus Christus homself verneder en geoffer het.

Vir ons as volgelinge van Jesus is daar ‘n groot ontdekking – God maak van ons nuwe mense – met ‘n nuwe natuur. Hierdie nuwe natuur tree nie op ter wille van onsself nie, maar ter wille van ander. Natuurlik is dit makliker as dit met ons self goed gaan. Wanneer die “papaja in die waaier beland”, dan is dit toetstyd vir hierdie nuwe natuur – die geleentheid om na vore te kom – of die hartseer ontbloting van die ou natuur wat nog eintlik die septer swaai in my lewe.>>

Ter wille van wie lewe ek en jy? Hoe beïnvloed dit ons optrede en keuses in hierdie Covid-tyd? Hoe wil God ons hierin help? Dit is die tema van ons erediensgesprekke hierdie naweek. Skakel in, of nog beter, kom ontdek die trokkiekerk. Skriflesing Filippense 2:1-18.

Danie Möller

Die deurkollekte gaan aan Truth2kids. Die trokkiekerk begin om 09:00 en jy hoef nie vooraf te bespreek nie. Die digitale eredienste gaan steeds voort op die gemeente se YouTube-kanaal, Facebook en webblad.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri