'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kom neem deel aan die fotokompetisie vir 2021 en stem vir jou gunsteling foto. 

Hoe werk die stemme? Daar is 13 foto’s om van te kies. Elke rand vir jou gunsteling foto, tel vir een stem. Jy kan vir jou foto stem deur ‘n inbetaling in Helderberg Uitreik se rekening te maak met EFT of HU se snapscan. Verwys: Foto en nommer, bv Foto 15. Die 3 foto’s met die meeste stemme wen kontantpryse. Hierdie kompetisie is ‘n fondsinsamelings inisiatief vir Helderberg Uitreik se oorhoofse bestuurskostes en sluit 30 September 2021. Die 13 foto’s vertel die pragtige stories van die werk van Helderberg Uitreik se projekte. Toestemming is van alle betrokkenes of hulle ouers/voogde verkry om die foto’s te gebruik.

Jy kan sommer dadelik begin stem. Hier is kort storie oor elke foto:>>

Foto 1 – Bybelverspreidingsprojek – die foto getuig van die vreugde van ‘n jong man in Indië wat vir die eerste keer sy eie Bybel in sy hand vashou, danksy die hulp van die projek.

 

 

 

 

 

 

 

 

Foto 2 – Sri Lanka-projek – Innoverende maniere word gebruik om die evangelie by kinders uit te bring. Hierdie is ‘n voorbeeld van hoe dit kan gebeur in ‘n afgeleë gebied op die eiland.

 

 

 

 

 

 

 

 

Foto 3 – Agapé Mediese projek – Die projek mobiliseer mediese personeel om pro bono dienste aan verdienstelike pasiënte te lewer. Die pasiënt op die foto het erge tandpyn beleef en haar twee voortande was beskadig. Tandheelkundige dienste is deur die projek se tandarts aan haar gelewer en nou kan sy weer mooi glimlag.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 4 – Helderberg Ontwikkelingsentrum – Die projek bemagtig vroue in verskeie vaardighede en fasiliteer werksplasing en entrepreneurskap. Die dames is baie trots op hulle handewerk.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 5 – Dienssentrum – Die Dienssentrum voed ongeveer 6 000 mense per week via die verskeie projekte en sopkombuise. Die foto vertel die storie van dankbare harte vir warm kossies.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 6 – Makwe Missie – "Om die mond van die suigeling" Hierdie kind is een van die vele wat ontset is in Noord-Oos Mosambiek weens die insurgent-aanvalle in die Quionga en Palma areas. Makwe Missie met behulp van donateurs Voice of the Matrys, Barnabas Fonds en ander maak dit moontlik vir Andre en Anna-Marie Thiart om die vlugtelinge te voorsien van kos en ander basiese items. Hierdie gesiggie weergalm die dankbaarheid vir die genadige voorsiening van die Here.

 

 

 

 

 

 

Foto 7 – Helderberg Babas – die projek bied tydelike veilige versorging aan babas wat wag op aanneming. Die titel van die foto is ”praise God for naptimes.” Die baba is onlangs aangeneem.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 8 – Kanga&roo projek ondersteun veiligheidsouers vir babas met weggooidoeke, wipes, formulemelk en praktiese en emosionele ondersteuning. Op die foto word die klein handjie van ‘n baba wat prematuur gebore is gesien en die projekleier noem dit “skin to skin”

 

 

 

 

 

 

 

Foto 9 – Colours of India – Om die evangelie te dra na mense wat dit nog nooit gehoor het nie, hulle te voed, te versorg, vir hulle te bid en hulle en te bemoedig, is die passie van die projek.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 10 – 4-Lines Coaching streef daarna om gemeenskapsleiers se hande te sterk om te kan dien deur sport. Op die foto is die leier van Piketberg Sports Development Forum by geskenkte sporttoerusting wat dan verantwoordelik versprei en aangewend word in gemeenskappe in en om Piketberg. 4 Lines is dankbaar teenoor Helderberg en ander rolspelers vir die skenking van toerusting en ander hulp.

 

 

 

 

 

 

Foto 11 – Truth2Kids dra die suiwer evangelie na kinders in verskeie gebiede in die Helderberg Kom. Dit is met groot vreugde wat die kinders die klubs bywoon en versterk word deur die Woord.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 12 – Musica Dei – Met hospitaalpersoneel wat emosioneel en fisies uitgeput is na maande se veg teen die tragiese impak van die Covid 19-pandemie, bring musici van Musica Dei bietjie verligting en vreugde in die vorm van klassieke en geestelike musiek.

 

 

 

 

 

 

 

Foto 13 – Die Pêrel Gemeenskapontwikkelingsprojek is betrokke by die ontwikkeling en bemagtiging van mense in die Faure-area en op die Faure Wine Farms. Tydens die pandemie is daar geen of minder inkomstebronne en het voeding noodsaaklik geraak. Dankbare kinders staan in ‘n ry vir kos.

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri