'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie tyd van die jaar sien ons oral kersversierings en spesiale kersaanbiedinge. Hierdie vroegtydige tekens van Kersfees skep beslis opgewondenheid en laat ons uitsien na Kersfees.

Wie se nuuskierigheid word nou nie geprikkel deur ’n geskenk nie? Wat is dan lekkerder as die misterie van ‘n geskenk en die afwagting soos jy dit oopmaak. Vir sommige gaan dit oor die inhoud en ander sê dis bloot die gedagte wat tel. God het jou en my in gedagte gehad toe Hy die inhoud van Sy geskenkpakkies aan ons saamgestel het. Hy het geweet dat ons ’n Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors nodig het. Toe gee Hy vir ons sy Seun.

Kom vier Sondag en bring jou gesin, nooi jou bure, bring vir oupa en ouma saam en kom kyk wie is almal betrokke by Helderberg se Kleuter-en Kinderbedieninge, net dalk ontdek jy ’n plek waar jy wil betrokke raak.

Kom deel Sondag in die vreugde van ’n pakkie wat God so mooi in die woorde van die profeet Jesaja vir ons toegedraai het en kom maak dit saam met die kinders oop. Kom raak saam kinderlik opgewonde oor God se Groot Geskenk.

Sien jou Sondag
Lizl Botha

Thursdays in Black - ondersteuning vir 'n wêreld sonder verkragting en geweld teenoor enige iemand (kliek op die naam vir meer inligting oor hierdie beweging). Ons probeer om Donderdae swart aan te trek, stuur vir ons 'n foto van julle groep wat dieselfde doen.

Almal is welkom om die geleentheid by te woon.

Kinders, kom kry julle roomys na die diens in die Tent.

Ons is aan die einde van die jaar en as ons terugkyk is dit in dankbaarheid. Dankbaar omdat ons God se getrouheid en genade deur die jaar kan sien. Dankbaar dat hierdie God ons nie net lief het nie, maar dat Hy kies om ons as sy instrumente te gebruik om die evangelie van Jesus Christus vir ons gemeenskap ‘n werklikheid te maak.

Hierdie Sondag vier ons fees, ons sing en dans voor die Here. Die eredienste word so ingeruim dat die klem lê op feesviering.

Dink bietjie waaroor is jy hierdie jaar dankbaar, in die diens gaan daar ‘n geleentheid wees vir getuienis. Kom deel jou dankbaarheid.

Sien jou Sondag
Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri