Rentmeesterskap is om alles wat ek het en is, uit dankbaarheid vir die Here tot Sy beskikking te stel. Dit is integraal deel van wat ons verstaan onder dissipelskap – dissipels van die Here Jesus dra die belange van die lewende God vir die wêreld en Sy kerk op hul harte. 

Rentmeesterskap is die manier waarop ons as nuwe mense in Christus ons hele lewe en al ons besittings onder leiding van die Heilige Gees bestuur tot eer van God en uitbreiding van Sy koninkryk.

Die kultuur van rentmeesterskap ontstaan nie vanself binne ‘n gemeente nie, dit word versterk deur ‘n ontdekking van wie ons in Christus is, wat ons roeping behels en wat ons verstaan van wie ons as geloofsgemeenskap is en wil wees.

God roep, vorm, seën en stuur ons om as sy dissipels met ‘n passie vir Hom, ‘n hart vir mense en die wêreld in nood te leef; asook dissipelmakers te wees sodat niemand verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Ons leef as dissipels met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense/nasies deur:

  1. erns te maak met dissipelskap en dissipelmaking
  2. die bevordering van gesonde, liefdevolle, verhoudinge waarbinne ons mekaar help om dissipels van die Here Jesus te wees
  3. moeite te doen met veral die kinders en jongmense om saam met hulle Sy dissipels te wees

Die rentmeesterspan (in samewerking met al die bedieninge) streef daarna om fondse oordeelkundig te bestuur en effektief aan te wend sodat ons getrou sal wees aan dit waartoe God ons roep. 

Rentmeesterspan fokusse

  1. Beheer en bestuur die kerkkas se fondse
  2. Monitor maandelikse inkomste en uitgawes
  3. Stel jaarliks inkomste begrotings op
  4. Maandelikse oorsig van Helderberg Uitreik fondse
  5. Voorstelling van finansiële beleid/reëls waar binne behoorlike finansiële bestuur kan plaasvind en monitor dat dit wel so verloop
  6. Bestuur en moniteer van interne beheer kontroles rondom die gemeente se finansies
  7. Adviseer kerkraad en die bedieninge rakende finansiele aangeleenthede wat die kerkkas kan beinvloed
  8. Evalueer finansiële resultate op gereelde basis om nodige veranderings/aanpassings te maak waar nodig voordat probleme opduik.

Kliek hier vir die bankbesonderhede.

Vir enige navrae/kommentaar/voorstelle kontak gerus vir Antoinette du Toit

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri