Helderberg Gemeente is ‘n familie wat almal graag wil innooi, laat welkom voel en deel van die gemeente wil maak. Ons wil daar wees om mense te laat tuis voel en om die warmte van die gemeenskap van gelowiges te ervaar. Een van ons kernwaardes is gasvryheid en daarom fokus ons die bevordering van gesonde, liefdevolle en ondersteunende verhoudinge binne die Helderberg gemeenskap.

Ons wil help om ‘n kultuur te skep om:
• vreemdes, diegene in nood en eenkant-mense raak te sien, kontak te maak, in te nooi en deel te maak van die Helderberg gemeenskap;
• met toewyding en geduld dinge saam met ander mense te doen sodat verhoudings oor tyd gevestig kan word en almal tuis kan kom en voel;
• met ’n gesindheid van vriendelikheid en warmte ‘n omgewing te help skep waar ander gemaklik en ontspanne kan voel.

Ons bedieningspan bestaan uit:
Bedieningsleier: De Villiers Engelbrecht 
Sy taak is om geloofsonderskeidend te dink oor die bediening, asook strategiese denkleierskap te verskaf en die verskillende aspekte soos die begroting van die bediening te bestuur.

Gasvryheidskoördineerder: vakant
Die koördineerder bied administratiewe en bemarkings ondersteuning aan die Gasvryheidspan en ander bedieninge rondom gasvryheid aksies.

Ons span bestaan uit ‘n klompie lidmate wat as vrywilligers betrokke is en leiding neem.
Sondag gasvryheid
1. Verwelkomingspan – Helene Swanepoel
Dit is ‘n groep persone wat volgens ‘n rooster elke Sondag lidmate en besoekers by die Tent se deure verwelkom (hulle is addisioneel tot die Levi’s wat by die kerkingange staan en offergawes opneem). Hulle is herkenbaar deur hul naamkaartjies en ‘n helloHELDERBERG band of voorskoot. Tydens die teedrink help hulle besoekers inskakel.

2. KoffieKuiers - Nico Esterhuyse
Buiten die gewone gratis tee, koffie en lekker filterkoffie wat Sondae bedien word, het ons ook nou ons eie Koffiekroeg wat rondom eredienste beman word, asook tydens events. Lidmate word opgelei as Baristas om hier te help.

3. Nuwe lidmate verwelkoming – Carima van den Berg
Nuwe lidmate meld by Ontvangs aan vir die nodige administrasie en daar word dan so gou moontlik ‘n leraarbesoek gereël. Van Gasvryheid se kant poog ons om die nuwe lidmate elke laaste Sondag van die maand na die oggenddienste in die tent te ontmoet om vir hulle meer inligting te gee en aan ander lidmate voor te stel.

4. Jong werkendes – Marica Groenewald
Die aanddienste word meestal deur jong werkendes bygewoon. Hier is ‘n gasvryheidspan wat verantwoordelik is vir koffie en gereelde kuiergeleenthede.

5. Jeug en families – Wynand Strydom
Hierdie persoon moet leiding neem in samewerking met Pneumatixs en Familiebediening om veral aktiwiteite te reël vir die kinders tydens gemeentekuiers.

6. Jong ouers – Helene Swanepoel
Om veral Sondae in hulle spesifieke behoeftes te voorsien bv Pienkvoetekamer. Asook ander geleenthede te reël waar hulle mekaar kan leer ken. Ons benodig lidmate wat deel van hierdie spanne wil word. Vrywilligers word altyd volgens hulle beskikbaarheid geskeduleer.

Gemeentebou en fondsinsamelings: Hermi de Kock, Johline Barnardt, Sonja Bester
7. Fondsinsamelings
Fondsinsamelings soos die Wynproe en Makieties is nie net ‘n kuierkans vir die gemeente nie, maar ook om die kerkkas aan te vul.

8. Saamkuier geleenthede
Met Nagmaal, Pinkster, Hemelvaartfees, asook funksies soos gemeentebraai is die doel om die gemeente op ‘n gesellige wyse te laat saamkuier. Ons probeer gereelde byeenkomste reël om ‘n verskeidenheid lidmate te betrek. Voorstelle is altyd welkom.

9. Kuierklubs
Dit is ‘n inisiatief deur gasvryheid om kleiner kuiergroepe in die gemeente te help vestig. Ons poog om mense met dieselfde belangstellings by mekaar uit te bring. Elke groep ontwikkel dan op sy eie groep verder.

10. Gebruik van Fasiliteite
Die fasiliteite word op ‘n gereelde basis deur buitegroepe/instansies en persone gebruik. Ons is bevoorreg om die Tent as heerlike kuierplek te hê en die fasiliteite is beskikbaar teen billike pryse vir buite persone. Help ons asseblief om dit te bemark na buite. Kontak gerus vir Odette Stemmet vir besprekings en vir spyseniering.

Wie kan betrokke raak?
Ek wil jou graag uitdaag om as gewone gemeentelid saam met ons aan ‘n kultuur van gasvryheid te werk. Almal met 'n passie en gawe om ander te dien en te bedien is welkom om deel te word van hierdie bediening. Dit verg slegs een kwalifikasie - 'n vriendelike glimlag! Ons wil graag alle gemeentelede betrek, van die jong werkende jeug tot die seniors. As jy belangstel om op enige manier betrokke te raak by Helderberg gasvryheid of kreatiewe idees rondom gasvryheid het, kontak ons asseblief by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Ons gesels graag saam met jou.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri