'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie tyd van die jaar sien ons oral kersversierings en spesiale kersaanbiedinge. Hierdie vroegtydige tekens van Kersfees skep beslis opgewondenheid en laat ons uitsien na Kersfees.

Wie se nuuskierigheid word nou nie geprikkel deur ’n geskenk nie? Wat is dan lekkerder as die misterie van ‘n geskenk en die afwagting soos jy dit oopmaak. Vir sommige gaan dit oor die inhoud en ander sê dis bloot die gedagte wat tel. God het jou en my in gedagte gehad toe Hy die inhoud van Sy geskenkpakkies aan ons saamgestel het. Hy het geweet dat ons ’n Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors nodig het. Toe gee Hy vir ons sy Seun.

Kom vier Sondag en bring jou gesin, nooi jou bure, bring vir oupa en ouma saam en kom kyk wie is almal betrokke by Helderberg se Kleuter-en Kinderbedieninge, net dalk ontdek jy ’n plek waar jy wil betrokke raak.

Kom deel Sondag in die vreugde van ’n pakkie wat God so mooi in die woorde van die profeet Jesaja vir ons toegedraai het en kom maak dit saam met die kinders oop. Kom raak saam kinderlik opgewonde oor God se Groot Geskenk.

Sien jou Sondag
Lizl Botha

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri