'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons is in ‘n interessante tyd in die geskiedenis van ons land. So met die aanloop na die verkiesing is daar baie gedagtes wat in ons wakker gemaak word. Gedagtes wat vir ons hoop gee, maar ook baie gedagtes wat ons benoud maak. Ons as gelowiges het ‘n baie belangrike rol om te speel in hierdie tyd en ons gaan kyk na die riglyne wat die Bybel vir ons gee.

Ons lees hierdie Sondag 1 Joh 4:7-21 saam. In hierdie 14 verse word die woord liefde 30 keer gebruik en daar word 35 keer na God (Vader, Seun en Heilige Gees) verwys. In hierdie 14 verse wat so vol gelaai is van God, hoor ons wat God se doel vir ons lewens is, hoor ons hoe ons kan weet of die Heilige Gees in ons is en word ons bevry van die vrees.

Kom deel Sondag saam met ons in hierdie groot waarhede en wees die verskil in ons gemeenskap.

Groete
Paul Barnard

Hou die datum oop:

Die Pêrelprojek wil graag vir Deresa Adams aan julle bekend stel. Deresa werk sedert 2023 by die Pêrelprojek.

Deresa woon in die Faure gemeenskap. Sy het in 2023 ‘n sopkombuis begin vir kinders in haar woonbuurt. Sy het nie werk gehad nie, maar deur goedere te koop en te verkoop het sy probeer om vir haar en haar seun te voorsien.

Ondanks haar baie skaars inkomste het sy nog steeds gegee vir die kinders in haar woonbuurt. Sy het ‘n sopkombuis begin sonder hulp van die Pêrelprojek. Eers weke later het die Pêrelprojek betrokke geraak om die sopkombuis te ondersteun. Die sopkombuis is nou al meer as ‘n jaar aan die gang.

In ruil vir ‘n warm maaltyd op Dinsdae en ‘n broodjie op Donderdae, tel die kinders vullis op in hul woonbuurt een maal per week.

Pêrelprojek het ‘n Wendy huis by Deresa se huis opgesit sodat kinders ook buite skoolure kan kom boeke lees, speel, inkleur of hul huiswerk doen. Deresa deel ook die Evangelie met die kinders in die Faure gemeenskap op Maandae, Woensdae en Donderdae. Sy bied dan Bybelklubs aan.

Kom raak betrokke om Deresa se sopkombuis beter in te rig. Ons benodig iemand wat bereid is om die veranderings te doen. Of maak ‘n finansiële bydrae om die sopkombuis uit te brei en hoop aan kinders te bring.

Kontak vir Amanda Ferreira by 079 516 7616 of Frederike van Schalkwyk by 0761776256.

1 Joh 3:16-24
Ons leef in ‘n onpersoonlike wêreld waar ons nie altyd mense goed leer ken nie. Hoe leer ons mense ken? Deur dit wat hulle sê of dit wat hulle doen? 1 Joh 3:16a getuig dat ons werklik vir Jesus leer ken deur dit wat Hy vir elkeen van ons gedoen het: “dat Hy vir ons sy lewe afgelê het”. En Hy vra dieselfde van ons.

Dit kan gebeur dat ons ons hart vir ander toesluit (v 17). Ons kan maklik sê dat ons glo, maar liefde is die bewys van ons geloof (vv 18-19). Ons kan maklik sê dat ons opstaan vir die waarheid, maar waarheid sonder liefde is niks. Ons kan maklik sê dat die Bybel vir ons belangrik is, maar liefde is die grootste gebod (vv 23-24).

Ons gesels Sondag verder hieroor.

Danie O’Kennedy

As jy gedink het dit is stil by die kerk gedurende die week, dan het jy ‘n groot fout gemaak. Nie net word daar verskeie bedieninge en spanne se vergaderings gehou nie, maar is daar ook weeklikse aktiwiteite. So oefen die band gewoonlik op ‘n Maandagaand, soms oefen die kantory in die aand. Daar is ook ander projekte se aktiwiteite in die aand. En dan ‘n tipiese week deur die dag is soos volg:

Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.

Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.

Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).

Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.

Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri