'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

‘n Windpomp. Dit neem die water na daar waar dit nodig is. Op sy eie beteken ‘n windpomp nie veel nie. Maar as die wind waai en die windpomp werk, dan lei dit water na daar waar dit baie nodig is.

Helderberg Uitreik is die windpomp. Jesus is die Lewende Water. Wanneer die Heilige Gees in en deur ons werk, neem ons die Lewende Water na ‘n wêreld in nood. Dit is net deur die genade van God en die leiding van die Heilige Gees dat ons draers van Christus se hoop kan wees.

Dis lidmate van Helderberg Gemeente en Somerset-Wes Moedergemeente wat saam met ander gelowiges en die gemeenskap hande vat om saam draers van Christus se hoop te wees in ‘n omgewing en wêreld wat smag na hoop.

Om ‘n windpomp te wees vra dat ons langtermyn verhoudings bou. Dat ons ons tyd en menswees deel op ‘n egte en oop manier. En om ten volle afhanklik van God te leef.

Kom gesels gerus Sondag met die bestuurspan as jy meer wil weet van Helderberg Uitreik. Hulle sal ‘n blou beker vashou.

Jy is welkom om ‘n afspraak met my te maak en dan gesels ons lekker oor waar jy betrokke wil raak.

Melanie Smit

Ons is baie opgewonde oor Schalk wat die eredienste gaan doen vir die Uitreikfees. Onthou ook al die projekte se uitstallings in die Tent, hulle sal graag met jou wil gesels oor hul projekte.

Hierdie is elke jaar 'n baie spesiale geleentheid en dis so lekker om die res van die aand met jou kruisie op die voorkop rond te loop.

Ons leef in tye waarin mense maklik vasgevang word in uitsigloosheid oor die toekoms en slagoffers kan word van skeptisisme. Maar tog is God die God van die onmoontlike. Die God wat geskep het en aktief besig is om te herskep. Die God wat vir ons kom uitnooi om saam met hom te droom. Wanneer laas het jy gewaag om te droom, so groot te droom dat jy in die nagte wakker lê van opgewondenheid.

Hierdie Sondag gaan ons waag om te droom saam met God. Om ons koppe op te tel en met verwagting uit te kyk na ‘n toekoms wat in God se hande lê. Om God se droom te droom is ‘n geesvervulde fantasie wat weier om in die bestaande, in die feitlikhede van die dag, tot rus te kom. Om God se droom te bly droom, is om jouself te verset teen onreg en uitbuiting, Dit is om biddend, wagtend en volhardend mee te werk aan God se droom vir hierdie wêreld en al sy mense.

Groete
Paul Barnard

Het jy al gewonder wie is die persoon wat by die Informele Diens jou verwelkom? Dit is Christian Schietekat en hy sê van homself dat hy ‘n passie vir Jesus en ‘n passie vir mense het.

Christian beskou dit as sy voorreg om die diens met gebed te kan begin en te bid vir ons gemeente, ons lidmate, aanlyn-kykers en ook vir ons land. Dit gee mense kans om stil te raak voor die Here en met Hom te kan praat en ons gebede voor Hom neer te lê.

Dankie Christian, jy maak dat ons baie welkom voel.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri