'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie is elke jaar 'n baie spesiale geleentheid en dis so lekker om die res van die aand met jou kruisie op die voorkop rond te loop.

Ons leef in tye waarin mense maklik vasgevang word in uitsigloosheid oor die toekoms en slagoffers kan word van skeptisisme. Maar tog is God die God van die onmoontlike. Die God wat geskep het en aktief besig is om te herskep. Die God wat vir ons kom uitnooi om saam met hom te droom. Wanneer laas het jy gewaag om te droom, so groot te droom dat jy in die nagte wakker lê van opgewondenheid.

Hierdie Sondag gaan ons waag om te droom saam met God. Om ons koppe op te tel en met verwagting uit te kyk na ‘n toekoms wat in God se hande lê. Om God se droom te droom is ‘n geesvervulde fantasie wat weier om in die bestaande, in die feitlikhede van die dag, tot rus te kom. Om God se droom te bly droom, is om jouself te verset teen onreg en uitbuiting, Dit is om biddend, wagtend en volhardend mee te werk aan God se droom vir hierdie wêreld en al sy mense.

Groete
Paul Barnard

Het jy al gewonder wie is die persoon wat by die Informele Diens jou verwelkom? Dit is Christian Schietekat en hy sê van homself dat hy ‘n passie vir Jesus en ‘n passie vir mense het.

Christian beskou dit as sy voorreg om die diens met gebed te kan begin en te bid vir ons gemeente, ons lidmate, aanlyn-kykers en ook vir ons land. Dit gee mense kans om stil te raak voor die Here en met Hom te kan praat en ons gebede voor Hom neer te lê.

Dankie Christian, jy maak dat ons baie welkom voel.

Hierdie week gesels ons oor die verskillende musiek groepe. Musiek is deel van ons ingesteldheid vir die verskillende dienste, maar ook deel van ons aanbidding en om eer aan God te bring tydens die diens. Het jy al mooi gaan luister na die verskillende dienste se musiek? Ek nooi jou uit om dit te gaan doen.

By die Klassieke Diens is dit meestal orrel en die Kantory wat sing. Daar word ook ander instrumente gebruik en jy kan vir ons laat weet as jy wil deel word.

Dan het ons drie volle bands en een band in wording wat by die Informele Diens, die Aandkerk en die Tienerkerk speel. Ons wil regtig nog baie musikante hiervoor kry sodat die groepe meer kan afwissel.

Daar word klavier gespeel by die Meditatiewe Diens en jy kan deel word van hierdie klein groepie.

Is jy ‘n musikant of sanger? Kontak asseblief vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en word deel van die musiekbediening.

Een van my mentors vertel nou die dag dat hy elke dag vroeg opstaan. Oor jare het hierdie deel geword van wie hy is. Sy redenasie is dat as jy hierdie spesiale tyd (voor almal wakker is) sinvol inrig dat die hele dag in die rigting van betekenis beweeg. Hy het ’n tweede vroegoggend gewoonte wat vreemd is. Hy dink vir enkele oomblikke na oor sy eie verganklikheid. Hy word bewus van die feit dat hy ook eendag ten volle verenig sal wees met Here in sy heengaan. Tyd is min en liefde is kosbaar. Hy vertel hoe hierdie bewuswording van sy eie sterflikheid hom aanmoedig om met sagte oë na sy naaste te kyk. Dit is moeder Teresa wat oor liefdeloosheid in die wêreld die volgende gesê het, “There is more hunger for love and appreciation in this world than for bread”. Met watter oë kyk jy na die wêreld?

Hierdie komende Sondag gesels ons oor die tema. Hoe kan ek my kyk verander? Miskien het jy vandag nodig dat iemand met sagte oë na jou kyk, dan wil ons jou verwelkom. Welkom by ons.

Groete,
Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri