'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie jaar is daar Pinkster vir die kinders en kleuters van 19-26 Mei. Familiebediening vertel ons meer daarvan:

Kinderpinkster
Dit is weer sulke tyd en ons is opgewonde om weer hierdie jaar Pinkstertyd vir die kinders groot pret te maak terwyl ons leer. Die nood in ons omgewing is groot, om dan nie eers te praat van die wêreld nie! Ons kinders word, net soos ons, gekonfronteer met natuurrampe, een soos wat ons onlangs hier by ons gehad het met die woeste wind en storm, siekte, hartseer en geestelike nood. God gebruik hierdie noodtoestande in ons lewens. Jesus, ons Redder, help ons altyd en sorg vir ons en het selfs mag oor die dood. Ons het ook elkeen ’n Redding 911-opdrag.
Alle graad 1-6 kinders is welkom. Kom deel in die pret en kom ontmoet Helpmy-Uitdiemoeilikheid. Dokter Lukas maak ook elke aand ‘n draai met net die regte doepa vir die moeilikheid.
Registrasie is R50 en vind plaas vanaf Sondagaand 19 Mei om 18:45. Die afskop is reeds die Sondagoggend.
Lizl Botha

Kleuterpinkster
Ons Kleuters (3-6 jr) gaan die reeks Jesus Help tydens Pinkster (19-26 Mei) meemaak. Saam gaan hulle leer oor die wêreld en mense in die Bybel wat in nood verkeer: honger, siekte, bang-wees en sonde en sien dan ook telkens dat hulle hulproepe nie op dowe ore val nie: Jesus, ons Redder, help graag!
Die reeks sal die heel meeste vir jou kind beteken as hy/sy elke les kan bywoon. Trek sommer pajamas aan elke aand, kom geniet ‘n ligte aandete voor die diens (kyk uit vir wat elke aand beskikbaar is in die Tent) en gaan gee jou kleuter af by die Kapel, langs die kerkgebou, en geniet Pinkstertyd saam as gesin.
Ons wil ook na buite uitreik, daarom sal ons dit waardeer as julle items soos klere, speelgoed (tweedehands natuurlik, maak net seker dit is skoon en heel) en nie-bederfbare kos kan versamel vir ons laaste les op 26 Mei. So leer ons kinders om met ’n mooi gesindheid te gee.
Ons sien uit na ’n spesiale tyd saam met jou kleuter en Jesus. Bid asseblief dat elkeen van hierdie kleintjies se lewens deur hierdie ontmoeting geraak sal word.
Die Kleuterkerkspan

Jy is uitgenooi na hierdie spesiale geleentheid.

Ek onthou so goed die dae wat die toeskouers langs die rugbyveld vir jou sou aanmoedig met die woorde, tel op daai skouers, as dinge sleg gaan die dag. Die uitdaging is dat die lewe hou nie na 80 minute op nie. Die lewe gebeur teen die spoed van een dag op ’n slag vir weke aaneen. Die probleem is dat ons skouers soms laag bly. Ons sukkel om ons skouers op te kry. Ons sukkel selfs om op te kyk. Die goed bedoelde woorde van medegelowiges om net te bid of meer kerk toe te gaan of net vas te hou tot more, werk nie meer nie.

Die hartseerste ding is dat selfs die ontmoetingsplek met God vir ons ’n ongemaklike plek raak. Ons vind moeilik woorde en ons voel dat ons lewens nie goed genoeg, gehoorsaam genoeg of suksesvol genoeg is om vir die Here enige iets te vra nie. Hierdie komende Sondag sluit ons die 1 Johannes reeks af. Ons gee die laaste paar tree deur hierdie kragtige brief. Johannes verklap die geheim wat ’n nuwe wêreld vir gelowiges oopsluit. Dit is ’n kop-skuif wat ons gemoed vernuwe. Dit is ’n nuwe manier van kyk na myself wat toelaat dat ek my kop kan oplig en met trots in die Here se teenwoordigheid kan stap.

Met watter gemoed tree jy in gesprek met God? Die Here wil deur 1 Johannes vir jou ’n nuwe kyk kom gee. Kom luister saam met ons hoe God oor ons dink.

Groete,
Deon Els

Antoinette du Toit werk in September 28 jaar al by Helderberg Gemeente. Sy was verantwoordelik vir die finansies en koördineerder van die kerkkantoor. In Mei is sy aftree ouderdom, maar het ‘n jaar kontrak gekry om steeds die finansies van die gemeente en Helderberg Uitreik te doen.

Antoinette is regtig iemand met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense. Sy het met haar menswees en haar absolute geloof in God so baie mense se lewens aangeraak en gaan dit steeds doen. Sy vertel van Kol 3:23-24: Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie, in die wete dat julle 'n erfdeel as beloning van die Here sal ontvang; want julle staan in diens van die Here Christus.

Antoinettte, ons is regtig bly jy is nog deel van die die kerkkantoor.

Foto: Antoinette du Toit saam met Deon Els

Ons is in ‘n interessante tyd in die geskiedenis van ons land. So met die aanloop na die verkiesing is daar baie gedagtes wat in ons wakker gemaak word. Gedagtes wat vir ons hoop gee, maar ook baie gedagtes wat ons benoud maak. Ons as gelowiges het ‘n baie belangrike rol om te speel in hierdie tyd en ons gaan kyk na die riglyne wat die Bybel vir ons gee.

Ons lees hierdie Sondag 1 Joh 4:7-21 saam. In hierdie 14 verse word die woord liefde 30 keer gebruik en daar word 35 keer na God (Vader, Seun en Heilige Gees) verwys. In hierdie 14 verse wat so vol gelaai is van God, hoor ons wat God se doel vir ons lewens is, hoor ons hoe ons kan weet of die Heilige Gees in ons is en word ons bevry van die vrees.

Kom deel Sondag saam met ons in hierdie groot waarhede en wees die verskil in ons gemeenskap.

Groete
Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri