'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Familiebediening het 'n termynpos van een jaar vakant vir 'n Administratiewe koördineerder. Die funksie van die pos is om die werksaamhede van die bediening deur administrasie en koördinering te ondersteun, te verbeter en uit te bou. Die pos maak ook voorsiening dat die familiebediening se visie aan die groei is en dat take van die pos hiermee aangepas word.

Kliek hier vir meer oor die pos en hoe om aansoek te doen. 

Baie geluk aan Lizl Botha, ons jeugwerker vir Kinderbediening, sy is beroep as diensleraar vir Familie- en Jeugbediening by Helderberg. ‘n Diensleraar is ‘n persoon wat na verdere opleiding vir ‘n spesifieke verantwoordelikheid/bediening as predikant bevestig kan word.

Ons is baie trots op haar.

Lizl gaan voort met haar huidige pligte tov die Kinderbediening.

Kom loer gerus in vir 'n koffie, boek of 'n geskenk.

Reis saam vanaf 28 November tot 25 Desember en kom ontdek wat die groot geskenk van Kersfees is. Daar is vir elke Sondag, asook Kersdag ‘n gesprekskaart wat huise kan gebruik om saam te dink oor Kersfees.

Die pakkie is so benader dat dit aanvullend by die leesrooster gebruik kan word en ook saam met die Dinkjeug Familie App.

Lizl Botha gaan dit ook hierdie Sondag begin met die kinderdiens, kliek hier vir die maak van die pakkie.

Hierdie Sondag staan in die kerk bekend as die Sondag van Hoop. Dit is die eerste Sondag van die Adventstyd. Advent is die maand van afwagting en uitsien na Kersfees. Ons gaan lees uit Jeremia 33 wat in die middel van moeilike tye die mense aanmoedig om hulle kop op te tel. Daar is goeie dae wat kom! Die woorde van Jeremia was meer as leë beloftes. Die Goeie Nuus het waar geword!

Aan die einde van ‘n moeilike jaar word ons ook uitgenooi om ons kop op te tel. Die Goeie Nuus van die Messias is meer as hol beloftes – dit is waar ook in 2021.

Danie Möller

Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddiekerk 09:30
Aanddiens (Kapel) 19:00

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri