Tyd van verootmoediging en gebed – 1 Maart
“Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal bly terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae” (Psalm 23:6 – 2016 Vertaling)

Godheid en troue liefde volg my, sê die Psalmdigter. “Beauty and love chase after me every day of my life”. (The Message) Die woord, volg, is hier ‘n kragtige woord. God se liefde is net altyd daar. Ek kan nie daarvoor weghardloop nie; ek kan dit nie ontvlug nie; ek kan nie daarvoor wegkruip nie – dit oorweldig my. Sulke liefde maak ons ongemaklik, want ons vertrou dit nie en is nie gewoond daaraan nie.>>

Lees verder: Lydenstyd – dag 16

Tyd van verootmoediging en gebed - 28 Februarie 2018
“Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?” (Jes 58:6 – 1983 Vertaling)

Lydenstyd dwing ons eintlik om weer opnuut na ons gemeenskap te kyk en te wonder waarom ons lyk soos ons lyk. God wil dat ons gemeenskap ‘n gemeenskap sal wees wat werk. Ons glo God is geregtigheid en ware vrede. Hy sien mense se lyding raak en staan by hulle. Daarom roep Hy ons om Hom hierin te volg, want God kan onreg nooit duld óf goedpraat nie. Ons glo God roep ons tot gehoorsaamheid aan Christus. Wat ons bely moet ons doen al sou dit vir ons swaarkry bring, want: Jesus is ons Here!

God is pro-lewe vir die wat honger is, onreg ervaar, alleen en eensaam is, in vrees lewe, ontwrig is . . .

Gebed: Here dankie dat U die gemeenskap waar ek woon en werk wil verander en dat ek deel is van die veranderingsproses is. Amen

Die Helderberglaer van die Gideons nooi jou na hul Bybelfondsontbyt waar dr Dion Foster en lede van die Gideons hierdie onderwerp sal toelig.

Datum: 3 Maart 2018
Tyd: 08:00
Plek : Strand Gholfklub
RSVP: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Koste: R60 pp vooruitbetaalbaar
Bankbesonderhede: Gideons in SA
FNB rek nr 62013426540
Verwysing: jou naam/Bybelfonds 2018/ Ontbyt

Stuur asb bewys van betaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Indien jy om die een of ander rede nie kan bywoon nie, sal ‘n donasie hoog op prys gestel word. Die mikpunt is om genoeg fondse in te samel om 5 500 Bybels teen R25 elk te kan aankoop.

Tyd van verootmoediging en gebed - 27 Februarie 2018
Nadat Hy die skare saam met sy dissipels nader geroep het, het Hy vir hulle gesê: “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My en die evangelie verloor, sal dit red. Wat baat dit ‘n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?” (Mark 8:34-36 – 2016 Vertaling)

Om jouself te verloën, het ‘n verskeidenheid van interpretasies, waarvan sommige gevaarlik en baie misleidend is.>>

Lees verder: Lydenstyd - dag 14

Kom geniet dit saam.

Top