'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jesus is die Seun van God. Hy is God se Seun.

Maar te midde hiervan is Jesus se optrede en gewoontes nie altyd goed ontvang deur die mense van sy tyd nie. Jesus se maniere kom die heel tyd in stryd met die kulturele reëls en godsdienstige wette. Om dit eenvoudig te stel, Jesus breek die reëls van sy tyd. Die deursnit godsdienstige van die antieke tyd sou na Jesus en sy boodskap kyk en net glimlag.

Jesus se boodskap is so revolusionêr dat om Hom te volg moet jy alles opgee. En om hierdie boodskap by mense tuis te bring, het Jesus konstant in die moeilikheid beland.

Jesus kom morsig voor. Orals waar hy beweeg is daar ‘n oorvloed liefde, omgee en tyd. Hy laat toe dat vrouens duursame olie op hom uitgooi. Hy verdwyn wanneer sy volgelinge hom soek. Of nog erger hy lê en slaap. Hy maak belangrike mense kwaad. Hy vertel stories wat mense nie verstaan nie. Die dissipels is sonder ophou op soek na maklike antwoorde. Hy maak mense gesond op die Sabbat. Hy woon partytjies by en kom laat. As Hy kos maak dan bly daar genoeg oor vir ‘n stad om te eet. Hy spandeer tyd saam met slegte mense. Hy praat met vroue en maak erns met kinders. Jesus praat as hy moet stilbly en bly stil as hy moet praat.>>

Lees verder: In verwondering oor Jesus se vreemde optrede

 

Kersfees is ‘n Jesusfees
“Kersfees is ‘n Jesusfees, Christus het gekom, wees saam bly oor Hom.”

Ons gelowiges weet dat Kersfees oor baie meer gaan as die gee van geskenke. Ons gaan die jaar afsluit met ‘n wonderlike reeks van KidsXpress met die hoop dat nuwe, betekenisvolle rituele en tradisies in baie gesinne sal posvat rondom Kersfees, rituele en tradisies wat ook die volgende geslag kinders in Kerstyd sal laat vra: “Gaan ons weer saam die huis versier en oor Jesus praat?”

Die reeks is aangepas vir ons kleuters en strek oor ses geleenthede. Elke week maak die kinders opgewonde ‘n kersboks oop om te kyk wat hulle daarin gaan kry. Aan die hand van wat uit die boks kom (klokkie, rooi versierings, harte, goud en silwer versierings, sneeuvlokkie) leer hulle dan meer oor Jesus ons Verlosser se koms en dat ons Kersfees vier met harte vol liefde, waaroor die gee van geskenke regtig gaan en oor die verhaal rondom Jesus se geboorte. Die kinders gaan ook elke week ‘n kersversiering maak wat hulle kan huis toe neem aan die hand van die oggend se verhaal.

Mag hierdie paar Sondae ‘n blywende indruk laat op ons kleuters. Baie dankie aan ons passievolle lesaanbieders wat elke week met soveel oorgawe die lesse tuisbring.

4 Lines Sports Coaching bestaan uit vrywilligers wat hulself ten doel stel om afrigters en spelers te bemagtig om tot eer van God ‘n volhoubare verskil te maak in en deur sport en rekreasie aktiwiteite.

Lewensvaardighede, bewegingsvaardighede, tegniek/taktiek word gedeel en aangeleer. Geskenkte sporttoerusting word met toeligting versprei aan gemeenskapsorganisasies, klubs, skole en uitreik-organisasies in die Helderbergkom en waar behoefte bestaan. Opleiding in lewensvaardighede, bewegingsvaardighede en sportbestuurbeginsels is gedeel met gemeenskappe in Piketberg, Kayamandi, Mannenberg en Croydon.

Persone wie betrokke wil raak en wat moontlik hul vaardighede kan aanwend tot hulp van 4 Lines se inisiatiewe is welkom om ons te kontak. Dit bly ‘n voorreg om HOOP deur sport uit te dra.

Groot dank aan ons Vader wie aan ons die gawe van afrigting gegee het. Dit is ‘n vreugde om dit te deel. Baie dankie ook vir elke persoon wie vir 4 Lines bid. Kontakbesonderhede: Hendré Smit en Ilse Anthonissen 

“Coaching ordinary principles for extraordinary results”

 

 

 

 

 

 

Baie geluk aan die wenners van die fotokompetisie.
Eerste – Foto 2 – Sri Lanka
Tweede – Foto 9 – Colours of India
Derde – Foto 8 – Helderberg Babas

Dankie aan almal wat deelgeneem en gestem het.

Na ’n lang tydperk waarin Covid ons vasgekeer het, wil ons graag weer gedagtes uitruil oor ons seniorklub. Op Dinsdag 12 Oktober om 9:30 kom ons bymekaar in die Tent. Kom word deel van ons dinamiese seniorklub wat maandeliks vergader. Ons beoog interessante onderwerpe vir bespreking en ook natuurlik wonderlike sosiale interaksie en omgee. Ons het dit nodig om weereens saam te kuier.

Vir meer inligting kontak Isabel Lubbe by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (082 844 0735) of Appelonia Maritz (082 507 7091) of Maurien Rautenbach by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (082 308 6371).

Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.

– Helderberg Seniorklub.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri