'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kom kry gerus vir jou ook 'n boekie vandag.

31 jaar gelede het die Here Helderberg Gemeente geseën met ‘n besonderse kosbare gesin. Dr Danie O’Kennedy word deur sy pa dr. JNF O’Kennedy as die sesde leraar van Helderberg bevestig.

Die Helderstem van 31 jaar gelede verwelkom die O’Kennedy gesin so: “Hulle is vriendelik, hulle is innemend, hulle is jonk, hulle is ernstig om die Woord van God in Helderberg te verkondig. Danie en Kobie is op 3 Februarie in die Helderberg verwelkom, en hulle is alreeds onlosmaaklik deel van die gemeente. Albei kom uit groot gesinne. Kobie, wat op ‘n plaas in die Rawsonville distrik grootgeword het, het nog twee susters en drie broers. Danie is die jongste van vyf broers, waarvan vier predikante is. Danie en Kobie het op Stellenbosch ontmoet, en is op 10 Desember 1988 getroud. Kobie se vakrigtings is Wiskundige Statistiek en Wiskunde, maar sy het besluit om voorlopig nie haar onderwysloopbaan voort te sit nie. Danie het in 1981 die MTh-graad behaal met sy tesis: Die gebed van Salomo – riglyne vir die verstaan van gebed in die Ou Testament.”

Dankie Danie en Kobie! Ons sien uit na die volgende 31 jaar!

Ons behandel Studie 2: God se heiligheid. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans). Die groepe kom 10:00 by die kerk bymekaar en om 09:00 is daar ‘n Zoom-byeenkoms.

Hier is die skakel vir hierdie week se Zoom-byeenkoms: https://us04web.zoom.us/j/74617278931?pwd=vU-g5ET2qstmEmcQu5Wa-hDv9K8cWk.1
Meeting ID: 746 1727 8931
Passcode: X2kq3T

Die afskop van ons 7-weke geloofsreis verlede week, was ‘n wonderlike belewenis. Die energie en opgewondenheid was Sondag merkbaar en ‘n inspirasie vir die groot klomp mense hier.

Hierdie week is ons in gesprek met God oor heiligheid. Ons fokus op die gebed: Laat U Naam geheilig word! Ons bid dat God gesien en geëer sal word as magtige en wonderlike God, en dat dit by onsself sal begin.

Dit is nou die geleentheid om die pad van ‘n nuwe begin en geloofsgroei saam met ons te stap. Ons gebruik ‘n gids, 7 weke in gesprek met God. Jy kan dit hier aflaai of Sondag ‘n boekie by die kerk kry. Die Ons Vader gebed is hierin die basis vir persoonlike meditasie, gesprekke, groepe en die erediens. Sien jou Sondag.

Danie Möller

Kom deel jou storie ook by die jeugbediening en word 'n groepleier.

Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri