'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Het jy onlangs met ‘n bruid gesels wat gaan trou? Sy doen alles in haar vermoë om gereed te wees vir die troudag. Eerskomende Sondag is die eerste van ons vier Adventsondae ter voorbereiding vir Kersfees. Die fisiese voorbereiding vir Kersfees is baie belangrik – net so die geestelike voorbereiding. In Mark 13:24-37 lees ons verskillende dinge oor die “Koms van die Seun van die Mens”. Vier keer word die woorde “Wees waaksaam” gebruik (vv 33, 34, 35, 37).

Ons as gelowiges wil gereed wees vir Kersfees – ook gereed wees vir Jesus se wederkoms. Ons kan geen sekonde op aarde sonder Hom leef nie en wil elke dag leef asof dit ons laaste dag op aarde is. Kom Sondag en begin voorberei vir Kersfees.

Sien jou Sondag
Danie O’Kennedy

Sondagaand is dit ons groot Kerssangdiens. Hierdie jaar se storie is ‘n welbekende een, maar met ‘n bietjie van ‘n komiese en trots Suid-Afrikaanse geur. Die voorsang begin om 18:45, so kom sing lekker saam.

By gisteraand se Kerkraadsvergadering is Roux Joubert (heel links) gekies as nuwe Voorsitter van die Kerkraad en Annette Gerber (tweede van links) as Ondervoorsitter. Baie dankie aan die uittredende Voorsitter Aneleh Fourie-Le Roux (tweede regs) en Ondervoorsitter Andre Westraat (heel regs) vir julle kosbare bydrae vir die Gemeente. By die vergadering is Coenraad Fraenkel verkies as nuwe kerkraadslid.

Ons deel graag hierdie twee oulike hulpmiddels vir gesinne en families gedurende die Advent en Kersfees.

DinkJeug se Adventpakkie reis hierdie jaar saam met die tema “Die Perfekte Kersfees”. Nie net help hierdie hulpmiddel ons om dieper na te dink oor Kersfees en wat dit elke dag vir ons beteken nie, dit gee ook ‘n geleentheid vir families om kwaliteit tyd saam te spandeer. Daar is verskeie aktiwiteite vir verskillende ouderdomme – doen wat vir jou en jou huis gepas is. Laai die Adventpakkie hier af: https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2023-die-perfekte-kersfees/

Daar is ook ‘n Advent kalender met doen-idees vir families van 1-25 Desember. Laai die dokument af by: https://dinkjeug.co.za/dinkjeug-advent-kalender/

Lizl Botha
Junior Jeug:Gr.1 – 3 en Kleuterkerk Koördineerder

 

Deesdae is dit lekker om die Bybel sommer ook op jou selfoon te kan lees. Hier is twee applikasies wat jy kan gebruik daarvoor. Albei het die Bybel in Afrikaans met verskillende weergawes en jy kan dit ook aflaai en sonder data gebruik. Die een is die Bybelgenootskap en die ander is YouVersion.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri