Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Dit is ‘n voorreg om weer in 2021 met jou te kan gesels. Ek hoop dat hierdie boodskap ons sal help om van rekenaar tot rekenaar of foon te kan voel soos die familie wat ons is. Ons gemeenskap beleef regtig druk tye as gevolg van Covid-19 en ook die regulasies daar rondom. Dit raak ons en ons families en vriende. Ons het almal gedroom oor ‘n nuwe begin in 2021, maar ons is steeds vasgevang in onsekerheid en bekommernis. Maar weet jy, dit is presies vir tye soos hierdie waarvoor geloof in God bedoel is, en wanneer ‘n gemeente tot sy reg kom. Ons word oorval deur stories van mense wat spontaan omgee en help waar hulle kan. Oor jare het Helderberg gemeente bekend geword as ‘n groot gemeente met net so ‘n groot en warm hart. Dit is wat ons nou beleef. Dankie vir elkeen wat omgee. Ons bid saam vir elkeen wat swaarkry en omgee nodig het.
Ek nooi jou hartlik uit na ons uitsaai-erediens Sondag. Ons gaan saam na die Lewende God draai en ek glo dat die Here ons in ons onsekerheid gaan raaksien en inspireer. Jy kan enige tyd van 08:00 af inskakel op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal. Die skakel na die diens sal ook Sondag op die Whatsapp-groep gestuur word.
Mooi loop
Danie Möller
Onthou ons eredienste is elke Sondag beskikbaar op YouTube vanaf 08:00. Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g. Die skakel sal ook op ons webblad en ons Facebook-bladsy wees. Alhoewel ons ter wille van veiligheid nie groot groep byeenkomste het nie, gaan ons eredienste voort in jou huis elke Sondag.
Helderberg Beradingsentrum is opgewonde om weer opleiding aan te bied in 2021. Ons bied hierdie jaar twee kursusse aan in spiritueleverryking met ‘n grondslag van narratiewe beradingsvaardighede. Op die webblad is ‘n beter beskrywing van die twee kursusse, kliek hier, of kontak Meagin by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Neem kennis dat alle opleiding aanlyn op Zoom sal plaasvind vir die voorsienbare toekoms agv die pandemie.
Skakel na inskrywingsvorm: https://forms.gle/ZvV4en566uR6zVhWA
Kan julle glo dat ons dit tot 2021 gemaak het? Dankie Jesus!
Ek is seker ons het almal met die hoop geleef hier in ons binneste dat ons 2021 normaal sou kon afskop met skool toe gaan en deel te neem aan sport en weer kerk toe gaan….helaas het Covid ons steeds in sy greep!
Die een ding wat Covid ons almal geleer het, is om kreatief te dink en anders te werk en te bedien, en dankie tog vir tegnologie! Ons kon steeds verlede jaar voortgaan met aanlyn dienste vir die Kiddie- en Tekkiekerk, asook die bediening aan ons tieners.
Gemeentes en alle bedieninge is voor die uitdaging om saam met die res van die wêreld altyd vars en nuut te dink: Ons gaan vanaf volgende week, daagliks, vanaf Maandag tot Vrydag, ‘n kort video uitstuur vir die kinders met ‘n Bybelstorie of ‘n gedagte vir die dag. Sondae, sal die tema van die week dan saamgevat word in ‘n poppekas. Ons vertrou ons jong kinders sal dit baie geniet!>>
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier is die verkillende ingange vir Sondag se dienste:
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – herstel van longontsteking
Jannie Brewis – ontslaan uit hospitaal, besig om te herstel
Peet Venter – herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – kry tans bestraling
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus