Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Hierdie Sondag is ons laaste voorafopgeneemde diens vir 2020. Onthou natuurlik dat ons die 09:30 diens elke Sondag lewendig uitsaai (“live stream”) op ons YouTube-kanaal en dis steeds na die tyd beskikbaar op die kanaal. Gaan teken in op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal en jy sal ook elke keer ‘n boodskap kry sodra die diens beskikbaar is.
Met groot dankbaarheid het ons kerkraad Dinsdagaand, 8 Desember 2020, vir Dr Deon Els beroep as predikant vir Helderberg Gemeente. Ons was bevoorreg dat daar ‘n menigte skitterende aansoeke was, maar glo dat God ons gelei het om Deon te beroep. Ons wil graag ‘n beroep doen op die gemeente om te bid vir Deon, Liesel en hulle twee dogtertjies, in hierdie tyd waar hulle ook moet seker maak by God dat dit God se plan is vir hulle lewens.
Deon is tans leraar by Kraggakamma Gemeente in Port-Elizabeth. Hulle het twee dogtertjies wat hulle baie besig hou. Olivia is ’n driejarige woelwater en Emily is 18 dae oud. Liesel besit ’n pediatriese fisioterapie-praktyk wat spesialiseer in vroeë kinderontwikkeling van babas en kinders met neurologiese agterstande. As gesin stap, swem, kamp en braai hulle graag.
13 Desember 2020 om 19:00 in die kerk
Almal, jonk en oud word genooi om die jaar af te sluit met ‘n heerlike fliekaand in die kerk op die nuwe groot skerm. I Still Believe word vertoon en is 'n Christelike romantiese drama wat gebaseer is op die lewe van die Amerikaanse kontemporêre musiek sanger en skrywer, Jeremy Camp en sy vrou.
Bevestig asb. jou plek deur die volgende vorm in te vul (dit neem ongeveer 1 minuut): https://forms.gle/cHVzZfQSs4sgkZ7z7
Mense wat die Aandkerk bywoon, word genooi om die fliek te kom kyk. Daar gaan dan nie ‘n afsonderlike diens wees nie.
Navrae: Annette by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Absa, tesame met ander groot banke, staak met ingang van 1 Januarie 2021 tjeks as 'n betaalmetode, asook die uitreiking en invordering van tjeks. Ons kan tot 31 Desember 2020 tjeks wissel en deponeer. Geen tjeks sal na hierdie datum by banke aanvaar word nie, ongeag op watter datum dit uitgereik is.
Gebruik asseblief vanaf 15 Desember 2020 een van die volgende opsies om jou bydrae te maak: EFT, SnapScan, kontant of kaartbetalings by kerkkantoor en debietorder (besonderhede is onder aan e-nuusbrief). Baie dankie vir jou bydrae.
Een van die dae is dit weer vakansie, saam met die skole wat sluit kom die honger van die kinders in die gemeenskap. Sodra skole sluit stop die voedingsprogramme wat deur die regering befonds word en deur meeste skole aangebied word. Die Dienssentrum wil graag help om kinders te voed tydens die vakansietyd.
Ons ontvang reeds groente skenkings, dankie aan Cobus van Reenen van Deli Veg. Ons ontvang ook maalvleis, dankie aan Deon van den Vyver van Anysberg Vleis. Ons benodig asseblief pap, mieliepap, hawermout, suiker en langlewe melk vir saam met die pap. Ook asseblief rys, stampmielies, pasta vir saam met die groente en maalvleis. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning.
Vir navrae kontak die Dienssentrum.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier is die verkillende ingange vir Sondag se dienste:
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – herstel van longontsteking
Jannie Brewis – ontslaan uit hospitaal, besig om te herstel
Peet Venter – herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – kry tans bestraling
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus