'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die span sal Sondag hulle getuienis doen tydens die diens. Vir enige navrae kontak asseblief vir Sarita by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie komende Sondag gesels ons rondom die tema, Word Ryk, Bly Ryk. Die slegste nuus is dat ons sit met ‘n rykdom probleem in Suid-Afrika. Rykdom is of ‘n probleem of ‘n seën. Die goeie nuus is dat die Bybel nie van jou verwag om alles wat jy besit net eenvoudig weg te gee nie. So haal asem. As ons so bietjie nadink oor rykdom dan kan dit maklik gebeur dat ons idee van welvaart verwronge raak met dié van die wêreld Moet nie skuldig of sleg voel nie. Dit gebeur van tyd tot tyd dat ons ons gedagtes rondom dit wat ons het toets en skuif in Jesus se rigting. Jesus het ‘n mooi manier om ons te help ontdek wat rykdom is. Sy bedoeling is dat jy self rykdom sal ontdek. Jesus se resep vir rykdom is anders as dié van die Huisgenoot of vinnige ryk-word wenke van miljoenêrs. Jesus skuif ons koppe in ‘n nuwe rigting. By Hom is jou bietjie te veel en jou te min genoeg. Ons lees saam uit Matteus 6:19-21 en Matteus 6:33-34 opsoek na ‘n rykdom wat ‘n impak kan maak op ‘n gebroke wêreld.

Kan ek jou vra om te bid in die week? Stap by die erediens in met ‘n verwagting van wat God met jou en jou rykdom kan doen. Bid ook asb. vir ons 32 jongmense wat tydens die informele erediens belydenis van geloof aflê. Mag die Bokke ons trots maak. Bid soos een van ons kinders se maatjie nou die aand bid, “Here wees asb. met die 23 springbokke in Frankryk”.

Mooi week
Deon Els

Vir enige navrae kontak asseblief vir Ronell by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Familiebediening besig om te gesels oor Sondag se belydenisaflegging van meer as 30 jongmense. Wat 'n seëning om deel te kan wees daarvan.

Ek lees vandag met ‘n skok dat die All Blacks elkeen $35 000 bonus kry as hulle die finaal haal, maar dat elke speler $150 000 ekstra bonus huis toe vat as hulle die Wêreldbeker wen. Suur jaloers sit ek hier by myself en dink dit is darem regtig onregverdig dat party mense soveel kry! Dan hoor ek Meghan Markle wil 80 000 000 POND hê wanneer sy skei van Prins Harry. Dit is so onregverdig dat daar mense is wat soveel geld het. Die berig word gevolg met deur ‘n artikel: “The Beginners guide to buying your own Island”. Blykbaar is die grootste probleem deesdae dat daar nie meer eilande te koop is nie, want die rykes raap dit op. Dit was goedkoop, die kleintjies het gegaan vir 1-3 miljoen DOLLAR. Die mooistes gaan vir so $200 000 000. Hoe groot is jou rykdom? Wat het jy uit hierdie lewe gekry? Dit voel vir my baie keer of ek ook baie gekry het, ek het skuld op my huis gekry en as ‘n bonus skuld op my kar en toe vir ‘n geskenk, skuld op my kinders se universiteits rekening. Ek voel so maklik onvergenoegd as ek kyk na wat mense het. Dan besef ek alles is maar tydelik net vir ‘n kort tydjie. Daar moet tog meer wees aan die lewe as om vir 20-40 jaar jou goedjies blink te maak wat jy bymekaar gemaak het.>>

Lees verder: Kom ontvang

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri