Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Jesus bring hoop
Liewe lidmaat van Helderberg
Ons ken van droogte en swaarkry in ons land en die woorde van Jesaja 35:1 is al dikwels in die verlede aangehaal: “Laat die woestyn en die dor land hulle verheug, laat die Araba juig en blom soos ‘n tulp.” (2020-vertaling). Covid-19 en die uitdagings daarmee saam, het ons in 2020 dikwels laat voel soos reisigers in ‘n woestyn en dor land. Kersfees wil ons herinner dat God ons raaksien op hierdie reis. Jesus het juis aarde toe gekom vir ‘n stukkende en onseker wêreld. Jesus is nie net die Verlosser van die wêreld nie. Hy is ook die Immanuel, God met ons. “Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos. Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word: Kyk die maagd sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en hulle sal hom Immanuel noem, wat as dit vertaal word beteken ‘God met ons.’” (Matt 1:21-23; 2020-vertaling).
Jesus is Immanuel (God met ons) in ‘n stukkende en onseker wêreld (Matt 1:23). Elke jaar met Kersfees is dit weer blomtyd in die woestyn, omdat Jesus ook na my en jou kom. Ons is elke jaar van voor af bly, omdat Hy vir ons wat vasval en magteloos kan voel oor die uitdagings om ons, nuwe lewe en nuwe krag gee. Dit is ook hoekom ons opgewonde kan raak oor Kersfees. Dis nie maar net ‘n mooi droom te midde van ‘n nagmerrie nie. Dis ‘n viering van God se groot genade en van hoop.>>
Liewe Gemeentelede
In hierdie uitdagende tye wil ons graag steeds verantwoordelik optree. Met die tweede vlaag van infeksies wat drasties toeneem het die kerkraad besluit dat NG Helderberg eers in-persoon dienste vanaf komende Sondag 20 Desember sal staak.
Alle dienste sal lewendig uitgesaai (live stream) word en beplande dope sal voortgaan met naaste familie teenwoordig waar ekstra sorg geneem sal word met bestaande protokol.
Kom ons gaan voort om vir mekaar, die land en al sy mense te dra in gebed.
Die kerkkantoor sluit om 13:00 op 22 Desember 2020 en maak weer oop op 4 Januarie 2021.
Kerkkantoor ure: (onthou vanaf 15 Desember is dit skoolvakansie tye)
Maandae – Donderdae: 08:30 - 15:00
Vrydae: 8:30 - 13:00
Skoolvakansie: 8:30 - 13:00
16 Desember is dit geloftedag en daar is 'n diens vir die Helderbergkom om 09:00 by Strand Moedergemeente. Die kerkkantoor sal hierdie dag gesluit wees.
Hierdie jaar het anders uitgedraai as wat ons dit verwag het. Ons nuwejaarsvoornemens van 2019 was op die meeste van die plekke nie eers van toepassing nie. Ons het ons vasgeloop! Partymaal beplan ons so mooi verantwoordelik aan ons lewe, baie keer met diep afhanklikheid van die Here (soos ons die Here dan verstaan). Dan gebeur die lewe en word ons vrae oor ons beplanning oor ons verstaan van God oor ons menswees en toekoms baie.
Saulus het so voluit vir God gewerk, was opsoek na God se wil, het met oortuiging dit uitgevoer en hom toe vasgeloop in God. Ek dink nie daar is 'n Bybelskrywer wat ons meer kan leer van stukkende drome en dan te besef dat jy deel uitmaak van God se droom nie. Kom droom Sondag saam met ons.
Paul Barnard sal die diens hou en die deurkollekte gaan vir Radiokansel.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hier is die verkillende ingange vir Sondag se dienste:
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – herstel van longontsteking
Jannie Brewis – ontslaan uit hospitaal, besig om te herstel
Peet Venter – herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – kry tans bestraling
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus