'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kontak asseblief vir Danie Möller.

Jy is welkom om vir Olivia te kontak oor die bring-en-braai.

Die voorsitter en onder-voorsitter van die kerkraad word jaarliks verkies. Baie geluk aan Aneleh Fourie-Le Roux word met ‘n volstrekte meerderheid verkies as nuwe voorsitter vir nog ‘n termyn en Andre Westraat word ook met ‘n volstrekte meerderheid verkies as onder-voorsitter.

Ons Kairos Gevangenis bediening se jaarprogram begin met ons langnaweek by Drakenstein met 20 van die maksimum gevangenis jong manne(16-25). Vrydag begin met ‘n video oor “God’s creation” en met die boodskap bed toe gestuur dat hulle ook weet hulle is deel daarvan en dat God hulle ook lief het. Saterdagoggend weer vroeg begin met ontbyt (ons voorsien al die etes deur die naweek). Saterdag verloop met “mask meditations” en praatjies soos: You’re not alone, Who you gonna trust en Forgiveness. Dit bou op na ‘n “Forgiveness” seremonie waar hulle ook kon besef hulle het Jesus se vergifnis nodig. Baie kom daar tot die besef dat Jesus is hulle enigste weg na vrede al bly hulle tussen die sel se vier mure.

Saterdagaand eet hulle ‘n lekker ete waar meeste van hulle vir die eerste keer in hulle lewe so aandete geniet. Getuienis soos “ Ek het gisteraand die eerste keer in 5 jaar weer die sterre gesien”, ook “ek het nog nooit rys geëet nie en dis baie lekker” en “niemand het nog ooit Jesus se liefde vir my gewys nie” laat mens met hartseer besef hoe ons so baie vanselfsprekend aanvaar en hoe min ons in die samelewing Jesus se liefde weerspieël, bewustelik of onbewustelik.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Kairos Gevangenis bediening

Ons is op pad Kersfees toe. Die fees van vreugde.

In Afrikaans mis ons dit so bietjie met “geseënde” Kersfees, teenoor “happy Christmas” of “merry Christmas”.

Kerstyd is ‘n tyd om bly te wees en uiting te gee aan ons vreugde. Nie omdat dit vakansie is, of omdat ons geskenke kry en eet en drink nie, maar omdat ons onthou en opnuut gegryp word deur die wonderwerk dat God na ons toe gekom het!

Maar dit is nie vir almal so nie. Ons het so min vreugde in ons lewe en in ons land. Dikwels net ‘n klomp mense wat kwaad is en bekommerd is. Ons eie onmin en hartseer en verlang na geliefdes help ook nie.

Ons het die vreugde van Kersfees nodig – maar dalk sukkel jy ook om in die bui te kom. Sondag gaan ons kyk hoe Sefanja 3:14-20 ons kan help opgewonde en met vreugde oor God en oor Kersfees te dink.

Danie Möller

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri