'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die woord “koning” is steeds vandag nog vir my so bietjie vreemd. Ek dink dadelik terug aan my kinderdae. Storieboeke teken die koning nou nog met ’n groot troon, swaar septer en ’n roemryke kasteel met groen lande sovêr as wat die oog kan sien. Dis hoe ’n koning moet lyk. Hierdie beeld is hoog op aanskou daar in 2 Konings 14 as daar vertel word van die konings wat oor Israel regeer het. En dan blaai ons vêrder na die boek van Johannes. Ons word gelei om hierdie kosbare prentjie agter te los want Jesus verskyn op die toneel. Saam met Jesus bring Hy ’n nuwe Koningskap, ’n nuwe manier en ’n nuwe lewe.

Sondag bely 25 jongmense hulle geloof. Die vraag wat ons by wil stilstaan is om te vra maar hoe sluit ons as Kinders van God aan by Jesus se Koningskap in ’n gebroke wêreld? Hoe bereik my lewe Koning Kind status in ’n wêreld wat mag en gesag behep is?

Nooi iemand saam met jou na een van ons eredienste. ’n Uitnodiging is so gereeld die begin van ’n nuwe lewe in Jesus.

Deon Els

Ons benodig die dienste van 'n Sondagkoster, sien die besonderhede hierby ingesluit. Stuur asseblief jou motiveringsbrief en kort CV aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Hierdie groepie kom elke Sondag bymekaar, wanneer hulle lekker saam sing en gesels. Vir enige navrae kontak vir Ulrich Barnard by 079 692 8300 of Leané Gouws by 079 917 8175.

Ek lees met ’n pyn in my hart die afgelope paar weke vir die soveelste keer of Facebook van nog ’n baba-lykie wat iewers in ’n veld of op ’n ashoop gevind is. Hoe hard is ons wêreld net nie! En hoe sag al die babagoedjies wat jy in winkels kan koop wat daardie lewelose lyfies nooit onder hulle kon voel nie. Hoe desperaat moet ’n mamma nie wees nie.

Dan lees ek ook die briefie wat ’n mamma saam met haar drie maande oue dogtertjie, wat genadiglik lewendig gevind is, gelos het: “Hi you might be wondering why I dumped my baby, don’t wonder just help her if you can or call authorities but don’t judge me. I have spoken twice with social workers they delaying to assist, I know this looks bad but I had no option the system is fragile and we can’t even abort safely anymore hospitals have strict rules.” Die mamma het haarself later aan die polisie oorgegee en is krimineel aangekla. Baie mense het baie dinge op sosiale media te sê gehad, teen en ter ondersteuning van hierdie mamma. Uit haar briefie blyk dit dat waar sy ’n sagte oor nodig gehad het om haar hulpkreet te hoor, sy ’n harde stilswye as antwoord gekry het van dié wat kon help.

Met geen “safe haven law” in Suid-Afrika, sodat ’n mamma haar baba anoniem op ’n veilige plek kan los sonder om krimineel aangeklag te word indien sy geïdentifiseer word nie, raak die uitdaging van verlate babas net groter. Selfs die “Baby savers” of babakluise, waarin babas veilig geplaas kan word en onmiddellik gevind en gehelp kan word, is onwettig in Suid-Afrika. Genadiglik draai die wetstoepassers ’n blinde oog, want hulle besef dat hierdie babakluise letterlik lewens red. Die Helderberg Baby Saver in die muur by Choices Crisis Pregnancy Centre het oor die afgelope agt jaar sedert die ontstaan daarvan, tien babas ontvang.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Kanga&roo

Die lewe is te hard. Mense is te hard. In ‘n harde wêreld ontwikkel ons dik velle. Eelte en knoppe moet ons beskerm teen nog seer en teleurstelling. Tog glo ons in ‘n God wat die harde wêreld sag kom maak het. God kyk met sagte oë van genade na my en jou. Ons is bedoel om hierdie sagtheid in die wêreld in te leef. Ons kan sagte plekke van genade en liefde in hierdie harde wêreld wees.

Ons gesels Sondag oor hoe ons almal bietjie sagter en meer genadig kan lewe – en hoeveel hoop dit kan bring. Sien jou by Helderberg – en nooi iemand saam.

Danie Möller

Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef. Efesiërs 2:10 (2020)

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri