'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons maak bekend dat Neel Britz en Zani Malan gekies is as lede van die Kerkraad. Hulle sal dien op die Luisterspan.

Walter Savage Landor het gemeen: Music is God's gift to man, the only art of Heaven given to earth, the only art of earth we take to Heaven.

Elkeen van ons is ‘n musiekinstrument in die hand van die Groot Meester. Ons het ‘n eie unieke klank en produseer almal ons eie spesiale ritme. In die Bybel word daar musiek gemaak as die kinders van die Here fees vier, maar ook as hulle treur. Ons glo dat God daarvan hou as ons Hom loof en prys met musiek en instrumente en Hy gee ons die gawe van musiek om ons lewens, en die van ander, voller en mooier te maak.

Dit is Musica Dei se doel om hierdie Godgegewe kuns in mense te ontwikkel en gratis met ander te deel. Deur verskillende inisiatiewe soos ‘n gemeenskapskoor en –orkes, word die evangelie deur klassieke musiek en sang só uitgedra. Musici word terselfdertyd aangemoedig om hulle musiektalent vir hierdie doel in te span en verder te ontwikkel. ‘n Wye verskeidenheid konsertgangers word terselfdertyd met die Blye Boodskap bedien en op ‘n spesiale wyse deur die musiek aangeraak.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Musica Dei

Mense vra dikwels wat is die verskil is tussen ‘n dankoffer en ‘n geloofoffer.

Ons weet dat alles wat ons het van God af kom, daarom gee ons graag uit dankbaarheid teenoor God.

Jou dankoffer is ‘n bydrae aan Helderberg Gemeente wat die gemeente in staat stel om sy visie uit te leef, nl. om met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood te leef.

Jou geloofoffer is ‘n bydrae wat jy onderneem in die geloof en verwagting dat God dit vir jou moontlik maak om hierdie bydrae te maak. Dit is bo en behalwe jou dankoffer en dit gaan spesifiek vir projekte van Helderberg Uitreik, as Draers van Hoop na ‘n wêreld in nood. Jou geloofoffer kan jou tyd, kundigheid, gebed en/of jou geld wees. Jy kan die bydrae vir ‘n spesifieke projek maak, en/of vir die Waar Behoefte Bestaan-fonds (WBB) van Helderberg Uitreik as steunfonds vir die uitreikprojekte, en/of vir die administrasiekoste van Helderberg Uitreik. Bydraes vir Helderberg Uitreik se plaaslike projekte, sowel as die WBB-fonds asook administrasie kwalifiseer vir Art 18A kwitansies vir belastingverligting. Gebruik die projeknaam, of WBB of Admin as verwysing.

Baie dankie vir jou bydraes tov dankoffers en geloofoffers.

Ons is besig met Week 5 van ons reeks “Aan tafel saam met Jesus”. Kos herinner ons aan mense en spesifieke situasies. Dit is ook wat ons in die Bybel leer.

In die Ou Testament lees ons van die ongesuurde brood en die pasgalam – dit het die Israeliete herinner aan die Pasga en die bevryding uit Egipte (Eks 12). In Lukas 22:7-23 lees ons hoe Jesus die nagmaal instel kort voor sy kruisdood. Die brood herinner ons aan die liggaam van Jesus en die wyn aan sy bloed.

Die nagmaal is nie sommer net nog ’n maaltyd nie. Dit is Jesus self wat ons innooi. En as ons die nagmaal saam met Jesus en ander gelowiges vier, is ons lewens nie meer dieselfde nie.

Ons nooi jou om Sondag saam met ons aan die nagmaalstafel te kom sit.

Danie O’Kennedy

Louise Theron tree aan die einde van hierdie maand af as Uitreikbestuurder. Sy was 16 jaar werksaam by Helderberg Gemeente as Helderberg Uitreik se bestuurder met projekte reg oor die wêreld. Haar hart is vir elkeen van hierdie projekte en die mense wat hulle bedien.

Ons het ‘n paar vrae vir Louise gevra en deel dit graag met julle.

Louise jy was die Uitreikbestuurder, maar wat het dit vir jou beteken?
Ek het dikwels gevoel soos iemand wat op ‘n pawiljoen sit en na ‘n meesterlike spel kyk. God se kosbare werk deur sy mense.

Wat het die Here jou geleer in jou tyd by Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik?
Ek het feitlik elke dag ‘n wonderwerk beleef. Kleintjies en grotes. Boodskappe en foto’s van mooi getuienisse van die projekte se impak het ek van oraloor ontvang. Dit is byna onmoontlik om die omvang van God se werk deur die projekte van Helderberg Uitreik in woorde te beskryf. Ek voel ontsettend bevoorreg om ‘n getuie daarvan te wees. Wat het jou gedra in moeilike tye?
Wanneer mens in ‘n span werk wat so naby aan God se hartklop leef, en ook soms op vyandige grondgebied loop, kan mens verwag dat daar ook aanslae en vervolging sal kom. Dit is deel van die terrein waarop ons beweeg. Jesus is ons voorloper en met die Heilige Gees se beskerming, kosbare ondersteuning en gebed van die Uitreikbestuur, projekleiers, uitreikpersoneel, en my gesin, was dit moontlik om ook deur moeilike tye te gaan.>>

Lees verder: Ons groet vir Louise

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri