'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie Sondag is die afsluiting van ons reeks “Aan tafel met Jesus” Ons teksgedeelte is die verhaal van die eerste gemeente in Hand 2:42-47. Dit is ’n treffende getuienis van ’n gemeente wat bly volhard het om die Here te dien; wonders en tekens het plaasgevind; hulle het vir mekaar gesorg; hulle het daagliks die tempel besoek en aan huis die brood gebreek. Dit kan gebeur dat ons aan tafel met Jesus sit en dat ons geen invloed in die gemeenskap het nie.

Die eerste gemeente was ’n seën vir die gemeenskap: die hele volk was hulle goedgesind (v 47a) en daar het daagliks verlostes by die gemeente aangesluit (v 74b).

Ons bid dat ons dieselfde seën sal uitstraal, ons wat bevoorreg is om Jesus te ken.

Danie O'Kennedy

Ons is altyd bly om jou te verwelkom by die kerkkantoor. Dinsdae wil ons graag as 'n kantoor saam byeenkoms hou en ook bid vir mekaar, daarom gaan die kantoor eers om 9:00 oop wees. Dankie dat jy ook vir ons bid.

Ons is baie opgewonde oor die basaar. Kontak vir Odette by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as jy wil betrokke wees.

Op die naweek van die 4’de Februarie het ons kerkraad by Disakloof in Bettiesbaai gaan kamp opslaan. Kort na aankoms het ons gesmul aan Paul Kilian se spesiale spitbraai. Die behoefte om saam te kuier en stil raak is reeds verlede jaar in ons wakker gemaak. Ons het geweet dat die begin van die jaar die beste tyd sou wees vir die jaar wat voorlê. Ons het gaan kamp met verskeie planne en idees oor wat ons op die kamp wou bereik, maar ons het vinnig besef dat God ons eenvoudig lei in Sy rigting. Onder die skadu van groot bome met die berge en see in die agtergrond het ons gesing, gebid en gesels. Oor uitdagings van ons land, stad en gemeente kon ons gesels en bid. Ons het geluister na die pad wat God met elkeen van die leiers besig is om te stap. Die getuienisse van God in ons lewens het vir ons sigbare merkers geword vir waar ons is en waar God met ons onderweg is.

Dankie, aan die gelowige vrywilliger wat ’n week voor die kamp ’n finansiële bydrae gelewer het sodat ons die kosbare tyd kon meemaak. Dankie aan Danie O’Kennedy, Marisa Viljoen en elkeen wat gehelp het.

Karen de Beer was maatskaplike werker by die Versorgingsfonds (deel van Onderlinge Sorg), asook by Helderberg Beradingsentrum. Sy is vanaf 1 Maart net betrokke by die Beradingsentrum. Hieronder is 'n brief van dankbaarheid vanaf die Versorgingsfonds:

Hierdie dankbrief word namens die Projek Versorgingsfonds (VF) se bestuur geskryf en is bedoel om Karen de Beer, wat as maatskaplike werker in diens van die VF Komitee betrokke was by die werk van die Projek VF, erkenning te gee vir haar bydraes in die vorige 12 maande.

As gekwalifiseerde en geregistreerde maatskaplike werker het Karen op ‘n deeltydse basis bygedra tot struktuur en rigting van die werksaamhede van die VF Komitee. Sy was instrumenteel in die daarstel van ‘n sterker struktuur om te funksioneer. Die VF Komitee se doel is om hulp te verleen aan gesinne van die Helderberg Gemeente in nood. Die hulp is gerig om finansiële en maatskaplike nood aan te spreek en te verlig. Karen was baie goed toegerus om hierdie twee bene van die VF Komitee te bedien.>>

Lees verder: Versorgingsfonds groet vir Karen

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri