'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons kry navrae van mense wat graag iets wil adverteer en ons kry ook terugvoering van mense wat reeds gebruik maak van ons “adverteringsplekke”. Daar is twee plekke waar jy advertensies kan plaas en dit is op die webblad, asook Facebook.

Op die webblad (www.nghelder.co.za) gaan jy regs bo na Adverteerders en volg dan die maklike stappe. Dan kan jy ook op ons Facebookgroep met die naam Helderberg Gemeente gesels lekker inskryf en jou advertensie daar plaas. Gaan kyk gerus na wat reeds beskikbaar is hier. Natuurlik moet die advertensie ook nie teen ons waardes wees nie.

Ons begin weer met Bybelstudie hierdie week. Kliek hier vir die uitdeelstuk van Rob Clarke vir dié week se byeenkoms en hier is die Zoom-skakel:
https://us04web.zoom.us/j/76916879827?pwd=SnJxYTdPNTFQRmNCQThaQXBacTlBdz09
Meeting ID: 769 1687 9827
Passcode: pM6edU

Spreuke 30:7-9
Anton Müller, ‘n gestremde outistiese man, skryf die volgende in sy boek Ek onthou (2021):
“Ek het genoeg. Ek hunker na niks meer nie. My besittings is my fiets, my klere, my huisraad en my televisie. Maar dit is my aardse besittings. Ek het ook besittings soos geloof, my gesondheid, my familie en vriende, my vrede en my dankbaarheid. Ek is skatryk. Daar is niks waarvan ek weet waarvoor ek my oogtande sou wou gee nie.” Ons word van kleinsaf geleer om hard te werk sodat ons net nog meer kan bereik en nog meer kan besit.

Wanneer het ons genoeg in die lewe bereik? Wanneer besit ons genoeg? In die Covid-tyd sien ons hoe baie mense swaarkry en dit laat ons weer dink oor ons eie lewe. Wat is genoeg vir my? Hoe kan ek ander help? In Spreuke 30:8b staan die volgende woorde: “Moet my nie armoede of rykdom gee nie; breek my porsie brood vir my af” En in die Ons Vader gebed leer die Here vir ons bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” (Matt 6:11).>>

Lees verder: Genoeg: ‘n lewe van matigheid

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri