'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Spreuke 30:7-9
Anton Müller, ‘n gestremde outistiese man, skryf die volgende in sy boek Ek onthou (2021):
“Ek het genoeg. Ek hunker na niks meer nie. My besittings is my fiets, my klere, my huisraad en my televisie. Maar dit is my aardse besittings. Ek het ook besittings soos geloof, my gesondheid, my familie en vriende, my vrede en my dankbaarheid. Ek is skatryk. Daar is niks waarvan ek weet waarvoor ek my oogtande sou wou gee nie.” Ons word van kleinsaf geleer om hard te werk sodat ons net nog meer kan bereik en nog meer kan besit.

Wanneer het ons genoeg in die lewe bereik? Wanneer besit ons genoeg? In die Covid-tyd sien ons hoe baie mense swaarkry en dit laat ons weer dink oor ons eie lewe. Wat is genoeg vir my? Hoe kan ek ander help? In Spreuke 30:8b staan die volgende woorde: “Moet my nie armoede of rykdom gee nie; breek my porsie brood vir my af” En in die Ons Vader gebed leer die Here vir ons bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” (Matt 6:11).>>

Die Bybel roep ons op tot ‘n lewe van matigheid. ‘n Lewe waar ons nie net nog meer en meer wil hê nie, maar ‘n lewe waar ons kan sê: “Ek het genoeg.” Ek is tevrede met wie ek is en wat ek besit. Ek leef elke dag uit die hand van God. Ek wil ‘n lewe van dankbaarheid leef en ook ander met my tyd, gawes en geld help.

Die dienste is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebook, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir kinderhuise.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri