'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

ElizaYo is 'n projek met die fokus op die ontwikkeling van jong manne en jong vroue wat nie kanse gekry het nie. Deur hulle vaardighede te leer vir werk en sosiaal, kry hulle meer geleenthede vir werk en inkomste. Ons doen dit met die hulp van ons Hollandse stigting in Holland, maar ons wil die projek begin en laat aangaan deur en vir Suid-Afrika. Vir die jongmanne doen ons tuinopleiding en skoling. By die projek het ons 'n kwekery vir tuinplante en 'n groentetuin. Op sekere dae doen ons tuindienste by mense tuis. Indien jy belangstel dat ons jongmanne, saam met Herman, vir jou tuindienste kom lewer, kontak gerus vir Herman.

Vir vrouens doen Henrien naaldwerk en kreatiewe vaardighede. Juwele en piekniekkomberse wat ons maak verkoop ons in Holland en in Suid-Afrika. Skakel of e-pos Herman as jy betrokke wil raak by die ElizaYo projek. Ons benodig altyd plante, potte en tuingereedskap. Groot wit lappe, soos bedlinne is altyd welkom.

Herman en Henrien Lindhout 

Donderdag gaan ons feesvier. Daar is van 17:00 allerhande stalletjies met heerlike eetgoed, ‘n outydse koffiebus en goedere te koop soos die bekende 2XMooi se klere. Nooi vriende saam en kom geniet die aand. Ons wil dit 'n lekker kuiergeleentheid maak.

Vir ‘n voorsmakie van die “Praise&Worship” diens, gaan loer gerus op ons Faceboekblad. Dit sal ons baie help as jy jou plek vir die diens bespreek deur hierdie skakel te gebruik, kliek hier. Gebruik asseblief die Tent ingang vir toegang tot die kerk se diens om 19:00.

Vir navrae kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Kom vier saam fees, want ons Here Leef. Ons is opgewonde om jou te sien by hierdie eerste kuier vir die jaar.

Karen de Beer is ‘n nuwe aanstelling as Maatskaplike werker vir Onderlinge Sorg (Versorgingsfonds). Ons het haar gevra om so ietsie van haarself te vertel:

Ek is gebore en getoë in Worcester en is hart en siel ‘n Bolander.

My loopbaan in Maatskaplike werk het begin by die destydse SAPD in die Paarl en na 3 jaar het ek my eie privaatpraktyk gehad vir 10 jaar in die Paarl en gespesialiseer in Kinderassesserings en spelterapie. Na my huwelik het ons verhuis na Pretoria, my man se tuisdorp en was daar woonagtig vir ongeveer 20 jaar. In Pretoria het my loopbaan begin as maatskaplike werker by die NG Kerk Lyttelton; waarnaas ek ‘n pos aanvaar het by Universiteit Pretoria waar ek gespesialiseer het in trauma berading.

Die laaste paar jare in Pretoria het ek ‘n pos aanvaar as Departementshoof van “The Glen High School” se beradings-afdeling – hier het ek verder gespesialiseer in die ontwikkeling en toepassings van lesenswaardigheid programme vir tieners.>>

Lees verder: Karen de Beer

Ons is opgewonde oor die afskop van ons Jeugbediening hier by Helderberg! Hierdie komende Sondag, 9 Mei, skop ons af met Kleuter-, Kiddie-, Tekkie- en Tienerkerk. Ons sien uit daarna om ons families terug te verwelkom. Ons jeugbediening vind plaas tydens die Informele erediens om 10:00. Ons skop ook af met ons Tienerkerk om 17:00 vir 18:00 – 19h00 in die kerk.

Peuterkerk (1 – 3 jaar), Kleuter- (3 – 4 jaar) en Kiddiekerk (gr 1 – 3) in die kerkgebou saam met Lizl Botha by 084 800 2764.
Tekkiekerk (gr 4 – 6) in Talanja Kleuterskool saam met Uli Barnard by 071 685 0542 en Leané Fourie by 079 917 8175.
Tienerkerk (gr 7 – 11) in die kerkgebou saam met Deon Els by 072 2767 555

Hierdie komende Sondag, 9 Mei is dit Moedersdag! Vir sommige van ons is dit ’n wonderlike viering van een van God se wonderlikste geskenke aan die wêreld. Ons tema vir Sondag se eredienste is, Die Krag van Gelowige Vroue. Ons staan stil by drie vroue, ’n tiener, ’n middeljarige en ’n ouer tannie wie se geloof, geduld en liefde die gebeure van die Bybel in ’n totale nuwe rigting laat inslaan. Inteendeel, hulle getuienis vertel Jesus sal elke keer verkondig word as daar van die goeie nuus vertel word.

Kom gesels saam met Deon Els oor die impak van vroue wat die wêreld verander. Die deurkollekte gaan vir die Uyavula Lees- en Skryfprojek.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri