'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons begin Sondag met ons nuwe preekreeks wat handel oor “Verhoudinge”. Die tema vir Sondag 30 Mei se eredienste is “Wees eg” en ons skrifgedeelte Lukas 18:9-14. Ons leef in ‘n wêreld waar mense sukkel om eg (“real”) te wees. Ongelukkig is dit nie goed vir verhoudings nie – nie vir ons verhouding met God nie en ook nie ons verhoudinge met mekaar nie.

Die vraag is: Hoe doen ons dit? Is dit moontlik om altyd eg te wees? Is daar nie maar altyd iets wat ons agter ons maskers wegsteek nie? Die Fariseër het nog met sy masker rondgeloop en agter sy masker na die tollenaar gekyk. Die tollenaar was bereid om sy masker af te haal en net eg voor God te wees. Ons moet erken dat dit soms vir godsdienstige mense moeiliker is om eg te wees. Jesus is vir ons die volmaakte voorbeeld van egtheid. Mag ons sy voorbeeld navolg. Sonder egtheid kan ‘n verhouding nie groei nie.

Die skakel om te bespreek in die die kerk is: https://forms.gle/D3ToBVGLDfcUQzAc9 Die deurkollekte gaan vir KidsXpress.

Die kerkkantoor sal gesluit wees vanaf vandag, 27 Mei, en is weer oop Dinsdag, 1 Junie 2021. Sondag se eredienste gaan soos normaal voort. 

Twee van ons personeellede in die kantoor het Covid gekry en as voorsorgmaatreël werk die res van die personeel vanaf die huis vir die volgende paar dae. Ons wil ook nie mense wat die kerkkantoor besoek blootstel nie, daarom het die Covid-taakspan besluit om die kantoor toe te maak vir die paar dae. 

Wees egter verseker dat die kantoor en die kerk deeglik en voortdurende gesaniteer word. Ons bid saam met julle vir almal wat in hierdie tyd siek word en veral ook vir ons mediese personeel in die omgewing. 

Baie dankie vir die mense wat reeds aangemeld het, ons wil egter elke week vir julle 'n lysie stuur van spanne wat nog mense nodig het. Ons waardeer elke persoon se hulp, geen hulp is te klein nie. 

Klank en beeld – kontak vir Claude Furniss by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
• Klank en video op Sondae (tegniese agtergrond sal help, maar opleiding sal aangebied word)

Aanbidding – kontak vir Annette Gerber by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
• Erediensspanne vir die vier verskillende dienste
• Dekor van die kerk en dienste
• Levi’s doen die ontvangs by deure, opneem van offergawes en nagmaalbediening

KidsXpress vier in 2021 ons 17de verjaarsdag! Toe KidsXpress in 2004 gestig is, het die Here aan ons die beeld gegee van die mosterdsaadjie, die kleinste saadsoort bekend in die Bybelse tyd.

Ons het besef dat ons klein begin, met net een gepubliseerde titel, maar dat die bediening sou groei om ‘n groot boom te word waaronder die kinders van Suid-Afrika skuiling kan vind.

Vandag kyk ons terug oor 17 jaar en meer as 40 titels wat kinders help om die Evangelie te leef, waarvan baie ook na Engels vertaal is, asook ‘n Xhosa kleuterreeks wat die Goeie Nuus van Jesus verkondig.

KidsXpress se nuutste reeks is “Ons Koning Kom”. Hier is Minette Krog van die Truth2kids-projek se indrukke van Ons Koning kom: “Kinders word op hulle vlak begelei om die breër verband te verstaan tussen gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Hulle kan opgewonde ontdek hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is, honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Hulle leer dan hierdie Koning ken as dié Een wat gekom het om te dien, ons te red en die Oorwinnaar is.”>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: KidsXpress

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri