'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek, is veilig tuis nadat hulle die Boesmanland-Red-’n-plaas-Camino voltooi het. Hulle het oor 15 dae ongeveer 300 km van Calvinia na Garies gestap om fondse in te samel vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek. Lees wat vertel Hannes van sy ervaring:

314 km stap in die Knersvlakte en Boesmanland – van Calvina tot in Garies – geen regdenkende mens pak mos so-iets aan nie. Tog, as ek kan, doen ek dit weer. Die reuk van die aarde, die suiwer skoon lug, die helder sterre; ja, die droogte wat in jou gesigveld kom staan, die vernietigende effek daarvan op die plantegroei, gemeenskappe en omgewing - dit sal my altyd bybly. Die reuk van stof kom sit in jou neusgate en die droogte kom sit in jou hart en dit breek jou hart wanneer ‘n boer met ‘n diep hartseer in sy oë sê: “Al kom die reën weer, die veld sal nie in my leeftyd herstel nie . . . die vernietigende effek daarvan is net so omvangryk”.

Tog word jy ook geraak deur die hoop – die hoop as geskenk van God aan mense. Ek is geraak deur mense wat bly vorentoe kyk en ‘n boer wat sê: “Dalk moet ons minder bid vir reën en eerder begin bid vir wysheid om anders te begin boer in ‘n omgewing wat verander as gevolg van aardverwarming. Ons moet die nuwe werklikheid in die oë kyk”.>>

Lees verder: Die Boesmanland Camino – ‘n terugblik

Jy hoef nie hierdie pynlike pad alleen te stap nie. Kom word deel van ons ondersteuningsnetwerk waar mense verstaan.

Vir navrae kontak Annette Botha by 072 189 9360

08:00 Klassieke diens in die kerk
08:30 Meditatiewe diens in die Kapel
10:00 Informele diens in die kerk
19:00 Aanddiens in die kerk
10:00 Helderberg Village – Hierdie besprekings word gedoen deur vir Hennie van Zyl te kontak by 083 285 3011 of 0609
Kinderdienste om 10:00
Tienerkerk om 17:00

Jaco Strydom is besig met ons Pinksterreeks: Moeilikheid is ons besigheid. Die dienste maak vanaand klaar en dan hou ons Sondag Pinksterfees. Onthou ook die herhaling van elke aand se diens die volgende oggend om 10:00 in die kerk. Daar is ook Kinderpinkster elke aand tydens die diens. Vir die wat nie kerk toe kan kom nie, die dienste word regstreeks uitgesaai, sien die skakels op die webblad en ons YouTube-kanaal.

Sondag se deurkollekte gaan vir Kairos Gevangenisbediening.

Die Meditatiewe diens begin om 08:30 in die Kapel. Bespreek hier vir al Sondag se Pinksterfees dienste: https://forms.gle/jyrFNdavebGgGEHM8

Ons nooi alle gemeentelede om saam te kom bid op Dinsdae-oggende om 06:00-6:45 in die Tent (gedurende skoolkwartale). Jy is baie welkom – al kan jy net een keer saam bid. 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri