'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons besef met dankbaarheid dat die Covid 19-inperkings ander geleenthede vir Uyavula gebied het om Jesus se liefde deur boeke en stories na kinders te neem. Voorheen het Uyavula-vrywilligers dit hoofsaaklik deur voorlees in 50 Grondslagklasse in gemeenskapskole, asook vir individuele kinders en by 5 leesklubs gedoen – ongeveer 2 490 kinders is bereik. Die toewyding en liefde van die vrywilligers het veroorsaak dat ons in 2020 onverwags met ‘n ATKV Veertjie vir Leesbevordering, geseën is. Dit is welverdiende erkenning aan ons vrywilligers en alle ander wat gedurende die voorafgaande 9 jaar ‘n bydrae gelewer het.

Sedert Maart 2020 is dit ‘n ander storie; besoekers word nie by skole toegelaat nie. Hierdie kinders wat feitlik almal sonder kinderboeke en stories grootword, ontbeer nou ook die liefde, aandag, asook die “leeslekkerte” wat “ooms” en “tannies” verskaf; ‘n terugslag wat hulle verder benadeel. Ons besef dus dat die insameling van kinderboeke vir elke klaskamer se leeshoekie sodat baie kinders maklike toegang tot boeke kan kry, ‘n nog groter prioriteit is. Versoeke van die opvoeders en hul dankbaarheid vir boekeskenkings, bevestig die noodsaaklikheid daarvan.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Uyavula Lees- en Skryfprojek

Ons Koning kom!
Ons is opgewonde om weer ons Kinderpinkster (gr.1 tot gr.6) te kan aanbied vanaf Sondag 16 Mei tot Sondag 23 Mei. Ek weet ons kinders is uitgehonger vir geestelike kos en om weer bymekaar te kan wees by die kerk.

Kinders word genooi om die breër verband te ontdek en te verstaan tussen die gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Kom ontdek saam hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is en honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Jesus is die Een wat gekom het om te dien, ons te red en is die Oorwinnaar.

Pinksterweek sal ‘n week wees om tot dieper insig te kom in Bybelse waarhede en ‘n vaste geloof in God. Want, hoe beter kinders die Waarheid ken, hoe beter sal hul toegerus wees om die lewens-uitdagings te hanteer.

Kinders, kom aangetrek soos ‘n prins met jou swaard of prinses met jou tiara of sommer in jou slaapklere. Daar gaan ook elke aand ‘n gelukkige trekking gehou word.
Ons sien julle dan almal Sondagoggend 16 Mei vir die afskop in Talanja, met jou masker aan, asseblief. Daar sal ‘n klein inskrywingsfooi wees vir die week. Hou die kommunikasie dop.

Vir navrae kontak Lizl Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Corneille Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons as gelowiges is bevoorreg dat die Here op verskillende maniere met ons praat, maar veral deur sy Woord. Ons glo dat die Bybel nie net ‘n boek vir informasie is nie, maar lei tot transformasie – die Bybel verander mense se lewens.

In Hand 8:26-40 lees ons die treffende verhaal van Filippus en die hofdienaar van Ethiopië. Die hofdienaar lees uit Jes 53 en Filippus help hom om by Jesus uit te kom. Die Bybel het sy totale lewe verander. Jesus Christus is die kern van die Bybel. Soms gebeur dit dat ons die Bybel gebruik as ‘n “stok om ander mee te slaan” en nie as ‘n “weg om na Jesus te gaan.”

Leer jy vir Jesus beter ken in sy Woord? Is jy bereid om sy Woord met ander te deel? Is jy bereid om sy Woord te leef? Daar is baie mense in die wêreld wat nie meer die Bybel lees nie. Hulle “lees” net ons lewens.

Danie O’Kennedy hou Sondag se dienste. Die deurkollekte gaan vir die Rampprojek.

Helderberg Uitreik Dienssentrum
Die winter is op ons en baie mense kry swaar. Die Dienssentrum wil graag ‘n beroep doen op lidmate om tydens Pinkster die volgende donasies na die Kerk te bring, of by die Dienssentrum af te gee:
• Kruideniersware soos blikkieskos, langlewemelk, poeiermelk, konfyt, broodsmere, olie en enige nie-bederfbare produkte.
• Vir die sopkombuise: mieliemeel, stampmielies, rys, pakkies droë bone en/of sopmengsel.
• Toiletware: seep, tandepasta, sjampoe, sanitêredoekies ens.
• Klere vir alle ouderdomme: warm klere soos baadjies, jasse, truie, nagklere en sokkies.
• Beddegoed: komberse en duvet-inners.
• Kombuisbenodighede: borde, bekers, messe, vurke, lepels, bakke, potte en panne.

Navrae: Yolandè Kennedy by 021-851 5582 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Te danke aan mildelike bydraes uit die gemeente en gemeenskap kon Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek verskeie mense en gemeenskappe in die afgelope jaar bystaan.

Die COVID-19-pandemie het die fonds se aktiwiteite vir die grootste deel van die jaar oorheers en die COVID-19-rampverligtingfonds het sedert sy ontstaan in Maart 2020 meer as R500 000 uitbetaal aan individue, klein besighede, organisasies, sopkombuise en vennote wat kospakkies verskaf het. Deur die COVID Medies-inisiatief het die projek die verspreiding van meer as 800 omgeepakkies na gesondheidspersoneel en versorgers in die Helderberg-kom gefasiliteer om hulle te bedank en te bemoedig.

Die projek het in hierdie tyd steeds droogtehulp verleen, met ’n fokus op Sutherland, waar ons die Johenco Tehuis vir Bejaardes ondersteun.

Hannes Theron, afgetrede leraar van Helderberg Gemeente, en Pia Nänny, projekleier van die Rampverligtingprojek, sal van 8 tot 22 Mei die Boesmanland “Red-’n-plaas”-Camino, wat oor meer as 300 km strek, aandurf om bewusmaking te doen oor die feit dat die droogte in die Noord-Kaap nog nie gebreek is nie, en om geld vir die NG Kerk in Noord-Kaapland se rampdroogteprojek in te samel. Lees die berig hier om te sien hoe jy die stappers kan ondersteun.

Pia Nänny - Projekleier

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri