Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Projekleier: Burgert le Roux
Sendelinge: Werner en Tania Schultz
KidsXpress publiseer kinderbediening-hulpbronne sodat kinders meer effektief met die Evangelie bedien kan word. Ons visie is om uitdrukkings van God se liefde te skep wat indrukke op kinderlewens maak. Kinders leer God en die Bybel ken deur speletjies, interaktiewe Bybelstudie en saamdoen-aktiwiteite. KidsXpress materiaal word landswyd en oor kerkgrense heen in Suid-Afrika en ook in Namibië gebruik. Denominasies sluit oa in NGK, Baptiste, AGS, Lede in Christus en Shofar. Kinders word in gemeentes, in skole en in woonbuurte in stede sowel as op plase en in plakkerskampe met die evangelie bedien.
KidsXpress werk tans aan ons eerste reeks vir Xhosa-sprekende kleuters. Die reeks, Imibala echaza ibali (Die kleure vertel ‘n storie), bestaan uit ‘n handleiding en prenteboek asook ‘n CD met Xhosa-liedjies. Ons is baie opgewonde oor die projek en vertrou dat talle kleuters Jesus sal leer ken en liefkry. Ons is baie dankbaar vir die finansiële steun wat ons ontvang het vir die ontwikkeling van die reeks, maar benodig steeds borge om die reeks in die hande van onderwysers in Xhosa-sprekende kleuterskole, wat dit nie kan bekostig nie, te plaas.
Raak betrokke deur finansiële bydraes en hulp met skryfwerk, navorsing, taalversorging, illustrasies, grafiese ontwerp en bemarking. Besoekwww.kidsxpress.org
Projekleier: Kobus Eksteen en Gerhard Kruger
Ons bied tans ondersteuning aan die plaaslike sinode (IRM) op Milange om sendelinge uit te stuur om die evangelie aan die onbereiktes in die verre noorde van Mosambiek te verkondig. Vanjaar ondersteun ons twee predikante van die IRM tov onderhoud, vervoer en bemoediging, in samewerking met sendelinge wat deur ander gemeentes ondersteun word en wat in daardie areas werksaam is
Projekleier: Grazie Beets
Die Bybel dra God se Lig uit in ‘n donker wêreld waar baie mense sonder hoop voortploeter en bring ook ‘n besondere vreugde in die harte van diegene wat dit uitdeel. Die doel van die Bybelverspreidingsprojek is om Bybels beskikbaar te stel vir verskeie projekte binne en buite ons gemeente.
Volledige Bybels is beskikbaar by die kerkkantoor in Afrikaans, Xhosa en Engels. Enige donasie wat jy sal maak sal gaan vir die doel. Die idee hiervan is dat gemeentelede dit met hulle sal saamneem waar hulle elke dag beweeg en dit sal uitdeel waar hulle te doen kry met mense wat ‘n behoefte het na die Woord van God. Agter in die Bybel is die verlossingsboodskap opgesom om dit maklik te maak om ‘n gesprek met iemand aan te knoop.
Helderberg Uitreik is ’n Organisasie Sonder Winsoogmerk, NPO 032-078, wat daarna streef om mense te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.
Die organisasie staan onder leiding van ’n verkose bestuur. Die projekte word elk deur ’n projekspan bestuur. Projekspanlede is vrywillige medewerkers wat deur hulle verlossing in Christus geïnspireer is en ’n hart het vir die spesifieke projek wat hulle bestuur.
Die finansiering van die projekte is nie vanuit dankoffers nie, maar deur geloofoffers, geloofsvennote en fondsinsamelings.
Kontak gerus die Uitreikbestuurder, Melanie Smit, as jy meer wil weet.
Please contact the Outreach Manager, Melanie Smit, for more information about our Outreach Projects.
Lees meer en raak betrokke by:
Vroeë kinderjare-ontwikkeling
Tiener- en volwasse-ontwikkeling
Evangelisasie
Berading, terapie en medies
Ondersteuning
Waar Behoefte Bestaan
Dit is ‘n steunfonds vir al die projekte van Helderberg Uitreik en word deur die Uitreikbestuur administreer. Indien lidmate onseker is oor watter projek hulle steun die nodigste het, kan geloofoffers aan hierdie fonds toevertrou word. Die bestuur sal dit oordeelkundig toeken volgens behoefte.
Helderberg Uitreik is geregistreer vir Art 18A belastingverligting vir donateurs
Helderberg Uitreik (NPO 032-078) PBO 930009259 is geregistreer om Art 18A(1)(a) kwitansies uit te reik vir donateurs. Dit beteken dat donasies vir plaaslike armoede-verligting- en ontwikkelingsprojekte, die WBB fonds en “Bestuur” belasting aftrekbaar is vir die donateur.
Donateurs kan asb bewys van betaling, asook hulle volle naam en adres stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir die Art 18A kwitansie.
Graag versoek ons dat alle donasies en betalings aan Helderberg Uitreik direk in ons rekening inbetaal word ipv die Gemeente se rekening. Daar is nou twee afsonderlike boekhoudingstelsels en om kostes te bespaar moet inbetalings in die toepaslike instansie se rekening geplaas word. Ons waardeer elkeen se bydrae. Hier is die besonderhede vir jou gemak:
LW: Donasies wat vir Art 18A kwalifiseer moet asb die rekening van Helderberg Uitreik gebruik:
ABSA Helderberg,
Rek nr 9114 483 080,
Takkode 632005
Swift-kode vir buitelandse donateurs: ABSAZAJJ
Merk asb steeds watter projek ondersteun word.
Navrae: Melanie Smit
Projekleier: Louise Jacobs
Ons visie:
Die Helderberg Beradingsentrum, deel van Helderberg Uitreik, streef daarna om ‘n ruimte te skep waar individue, gesinne en families van die gemeenskap emosionele ondersteuning kan ontvang en bemagtig word in die proses van heelwording.
Wie bied die dienste aan?
‘n Uitgebreide groep vrywillige psigo-sosiale ondersteuners met besondere gawes, gerugsteun deur professionele persone, stel hulself beskikbaar om te werk aan ons missie deur te luister, om te gee, te ondersteun en hoop te bring.
Waarmee help ons?
Onderwerpe wat aangespreek kan word tydens beradingsgesprekke sluit in rou, ouerskap uitdagings, stres, angs, uitbranding, uitdagings in die werksplek, verhoudings, trauma, egskeiding en vele meer.
Enige kostes?
Hoewel al die pastorale hulpwerkers hul tyd vrywillig beskikbaar stel (sonder vergoeding) om ander te dien, wil die sentrum jou graag aanmoedig om ‘n finansiële bydrae te maak om ons administratiewe kostes te dek en ook ons volhoubaarheid te verseker. Donasies kan gemaak word by: Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, rek nr 9114 483 080, takkode 632005 (merk: Berading)
Waar en Wanneer word dienste gelewer?
Dienste word gelewer tydens kantoorure by Helderberg Gemeente se administratiewe kantore of aanlyn via Zoom of Whatsapp video call.
Hier is die skakel na ons Facebookblad: https://www.facebook.com/Helderberg-Beradingsentrum-111281073832240/?modal=admin_todo_tour
Kontak ons gerus, kliek hier
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- vir die riglyne in die Bybel
- dat U ‘n doel het met ons lewe
- dat U ons bevry van vrees
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
In die liefde is daar geen vrees nie. 1 Johannes 4:18a
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus