'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

 

Helderberg Uitreik Rampbestuurprojek is geskep om dit vir Helderberg Gemeente (en ander belangstellende gemeentes) makliker te maak om betrokke te raak by noodlenigingsaksies wanneer rampe soos brande of vloede gemeenskappe in die Helderberg-kom raak.

Die doel is nie om die wiel te herontwerp nie – daar is reeds heelparty organisasies en groepe wat strukture in plek het om hulp te verleen en ons wil graag met hulle saamwerk om duplisering te vermy en te verseker dat hulpbronne so doeltreffend moontlik aangewend word.

Na gelang van die ramp en die daaropvolgende behoeftes, kan dit gebeur dat mense nodig is om onmiddellik hulp te verleen (hetsy met tyd en arbeid, of skenkings). As die onmiddellike behoeftes bevredig is, kan dit dalk nodig wees om langer termyn behoeftes aan te spreek bv kos, klere of huisware, aan iemand wat alles in ’n brand verloor het.

So, al klink dit of ons vra vir hande of geld of goed, vra ons eintlik vir julle om deel te word van ’n projek wat Jesus se liefde wil uitstraal aan mense in nood om sodoende by te dra tot die beeld van ’n omgee-gemeenskap wat ’n helpende hand uitsteek na mense wat swaarkry.

Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 083 375 0621 (Anja Nänny) as jy graag op ’n kontaklys geplaas wil word om meer inligting te ontvang.

Pia Nänny - Projekleier

Harmony Projek is deel van Helderberg Uitreik (NPO) wat daarna streef om individue en hul kinders wat geraak word deur egskeiding en enkelouerskap te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.

Deur die verskillende programme, Divorce Care, Divorce Care for Kids, Single & Parenting en Grief Share, wat Donderdae-aande oor ‘n periode van 13 weke aangebied word, word toerusting en ondersteuning gebied aan volwassenes en kinders om hul te help met die herstel van verhoudinge. Verder wil ons in tye van nood ondersteuning bied op geestelike- en emosionele vlak, maar ook op praktiese wyses. Daar word gepoog om nie net alleen te help nie, maar ook om persone te bemagtig. Hierdeur word God se liefde aan persone en hul kinders gedemonstreer. Dié programme kan deur enige persoon in die gemeenskap bygewoon word wat geraak word deur enkelouerskap, egskeiding of dood van geliefde.

Ons kom vanaf 17:30 bymekaar in die Tent en begin dan stiptelik om 18:00 - 20:00 met die verskillende programme in onderskeie lokale.

Kliek op die verskillende programme om meer daaroor te lees of kyk op http://www.churchinitiative.org/
- GiefShare
- DivorceCare
- DivorceCare4Kids
- Single&Parenting

Moenie alleen hierdie pynlike pad loop nie – daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun. Enigeen is welkom, ook nie-lidmate.

Donateurs en Adviseurs
Wil jy ‘n verskil maak in ouers en hul kinders se lewens wat ondersteun word deur Harmony projek? Dalk kan jy help met die volgende:
• Betroubare diensverskaffers bv elektrisiëns, motorwerktuigkundiges, nutsman-take,
• Noodverligting in bv geskenkbewyse vir kosaankope, lugtyd en brandstof, motordiens.
• Regsaviseurs, finansiële kundiges,
• As restauranteur, haarsalon, bloemiste kan jy ook jou dienste gratis of teen ‘n verminderde fooi beskikbaar stel.
• Enige skenkings of ondersteuning vir skoolfonds, skooltoerusting, kampe, ekstra klasse in bv wiskunde.
• Bydraes om geskenk- of bederfpakkies te vul vir bv Moedersdae, Vadersdae en Kersfees.

As ‘n projek van Helderberg Uitreik, kan donateurs kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A sertifikaat (032-078-NPO). Enige donasies kan inbetaal word by:
Rek naam: Helderberg Uitreik
Verwysing: Harmony
Bank: ABSA (Helderberg)
Takkode: 632005
Rek nr: 9114483080

Rig enige navrae aan Annette Botha 

Groot opgewondenheid heers onder die Merweville skoolprojek se betrokkenes. Ons beplan ‘n Uitreik vir die naweek van 17 Maart tot 21 Maart 2017 na Merweville. Ons hoofdoel is nie net om die nodige skryfbehoeftes vir hulle te gaan aflewer nie, maar om ook met die leerders te gaan speel en sodoende verhoudings te bou.

Ons droom vir die George Frederick skool is om teen die einde van die jaar vir hulle ‘n rekenaarsentrum daar te stel met 35 rekenaars. Hulle het reeds ‘n lokaal met ‘n lugreëlaar en kragpunte. Hulle benodig nog 26 rekenaars (desktops) met die volgende spesifikasies: P4, of hoër, Windows XP of beter, 5 GB hardeskyf spasie, 2GB RAM, netwerkkaart, klankkaart en oorfone.
26 “Flat screen” skerms en 26 sleutelborde en muise. Ons is ook op soek na IT persone wat later die jaar sal kan saamgaan om ons te help met installasies.

Ons is dankbaar-opgewonde oor die groot fotostaatmasjien wat ons gekry het om vir hulle te neem, enige iemand wat ‘n boks of selfs net ‘n riem fotostaatpapier wil skenk kan dit by die kerkkantoor gaan aflaai.

Ons nooi huisgesinne uit om saam met ons Jesus se hande en voete te gaan wees vir ‘n naweek in die Karoo. As jy belangstel om saam te gaan of enige bydrae van watter aard ook al wil maak, kontak ons gerus.

Saam met Jesus gaan ons Merweville laat bewe!
2 Corinthias 5:7 - We walk by faith, not by sight.

Kontak persoon: Lizanne van Zyl 
Skakel ons gerus vir ʼn uitgebreide lys van benodighede.

Ek is al so vyf jaar betrokke by die program vir gevangenis. Dit behels ‘n langnaweek wanneer ons ‘n program vir so 30 gevangenis aanbied. Dieselfde groep word dan vir 6 - 7 maande begelei deur elke tweede Saterdag hulle weer te besoek met ‘n boodskap uit die Bybel.

My ondervinding sover is dat die manne se lewens radikaal verander en ‘n positiewe inslag op hulle medegevangenis het. Daar is wonderlike getuienisse van mense wat gered is en ‘n positiewe bydrae wil lewer in die samelewing. Die Here doen groot werk hier en as jy geroep voel om deel te wees van die Kairos Gevangenisbediening en so koningrykswerk te doen, gaan jy jou eie lewe ook baie verryk.

Ons het “mammas” en “pappas” nodig vir die mense, meeste van hulle het nie betrokke ouers gehad nie.  Kontak my gerus vir verdere inligting.
Deon van Zyl 

 

 

Hoop Geloofsgemeenskap is gevestig om draers van Christus se hoop te wees deur die uitbou van Hoop Geloofsgemeenskap waar God met vrymoedigheid aanbid word in ‘n eiesoortige gasvrye tuiste vir almal.

Dienste vind plaas op Sondagoggende om 9:00 in die skoolsaal van Curro Sitari op die Sitari Landgoed. Almal welkom

Teikengroep:
Hoop Geloofsgemeenskap (HGG) dien as kontakpunt in die gemeenskap om spesifiek binne die gegewe geografiese konteks (omliggende landgoed: Sitari, Kelderhof, Croydon Vineyard, Croydon Olive en Acorn Creek) asook die wyer gemeenskapskonteks op so wyse te funksioneer dat hul Visie en Missie tot uitvoer kan kom. Dit is ‘n dinamiese proses, nie ‘n enkel gebeurtenis nie.
Hoop Geloofsgemeenskap het die afgelope jaar gegroei vanuit ‘n ondersoek geloods in 2016, na ‘n voorstel ingedien vir oorweging, na vestiging in 2017.
’n Pragtige onderlinge verhouding is opgebou deur die loop van 2017 met ons vennote in die Huurooreenkoms, The Baptist Fellowship. Gesamentlike byeenkomste, soos jaarafsluiting en ‘n heerlike paasfeesete, word soms gereël wat mooi ondersteun word.
Daar bestaan 5 Kleingroepe in die omgewing van die teikengebied wat deur 40 mense bygewoon word. 30 van hulle is aktiewe Hoop Geloofsgemeenskaplede.
Projekleier: Edwin Anderssen

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri