'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Om te kan lees en skryf maak wêrelde oop vir almal. Daarom is dit so belangrik vir die Mosambiek Geletterdheidprojek om die kinders in die afgeleë bosgedeeltes in die noorde van Mosambiek, waar daar geen regeringskole is nie, te leer lees en skryf. Sodoende kry hulle ook toegang tot inligting, kennis en ook die Bybel. Alle onderwys vind op ‘n Christelike grondslag plaas met die Woord van God as basis.

Daar is tans 1 258 leerders ingeskryf by 7 bosskole in die Milange omgewing. Hierdie is skole wat nie deur die regering ondersteun word nie, maar ten volle deur die projek gedra word.

Die projek het ook ‘n kleuterskool op die terrein van die Gereformeerde Kerk van Mosambiek (IRM) in Milange. Die projek werk in noue samewerking met ons vennoot, die IRM. Tydens die inperking weens Covid-19, is die meeste bosskole gesluit, maar vind onderwys op verskeie elektroniese maniere plaas vir leerders wat toegang het daartoe. Die Mosambiekse regering het besluit om die skole weer in Maart 2021 te open.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid 2021 - Mosambiek Geletterdheid

Aanbidding wil graag vir Pieter Gouws verwelkom as die musiekkoördineerder van die informele en aandienste se musiek. Pieter is ‘n musikale, entoesiastiese jongmens met ‘n passie vir ons Hemelse Vader. In sy vrye tyd geniet hy die buite lewe en om aktief te wees. Baie welkom Pieter.

Vir die wat vir Annette Botha ken, weet dat hierdie woorde haar goed opsom. En nou na 10 jaar as werknemer by Helderberg Gemeente, groet ons haar. Haar “werk” hier was baie meer as net bloot ‘n werk. Haar “omgeehart”, haar empatie met mense en kinders, haar uitreik na ander, hulp aanbied waar sy kan, en weer en weer ‘n klip uit jou pad rol, dienend oral, haar passie vir gebed, is maar enkele van haar kosbare eienskappe. Annette, jy weet nie net van God en Sy Woord nie, maar jy leef ook jou lewe en rig jou lewe ook daarvolgens in. Jy asem dit in en uit.

Annette het destyds betrokke geraak by die kleuterkerk toe haar eie twee dogters nog klein was. Sy het vir Santie Nel, die destydse jeugwerker, bygestaan toe sy met kraamverlof was. Haar hulp was van soveel waarde dat haar betrokkenheid gegroei het, totdat sy 10 jaar terug aangestel is as die persoon wat Familiebediening se administrasie hanteer. Sy was ook die afgelope jaar die Aanbiddingskoördineerder. Haar omgee en ‘n hart vir mense het ook later gegroei tot haar betrokkenheid by die Harmonie-projek waarvan sy tans die projekleier is. In haar eie woorde:>>

Lees verder: ‘n Passie vir God en ‘n hart vir mense….

Hebr 10:19-25
Ons leef in onseker tye. En dit kan gebeur dat hierdie onsekerheid ons vreugde steel en ons wegtrek van God. Dit kan gebeur dat ons glad nie meer kans sien om fees te vier oor God nie. Hebr 10:19-25 roep ons op tot sekerheid, hoop, liefde en aanbidding. Ons is onseker oor baie dinge, maar vers 22 getuig van volle geloofsekerheid – die sekerheid dat ons as brose sondaars vrygekoop is deur Jesus se bloed en vir ewig by Hom kan wees. Hy is die enigste bron van sekerheid.

In vers 23 word ons opgeroep om te bly hoop in God wat getrou bly en sy beloftes nakom. Vers 24 spoor ons aan tot liefde en goeie dade. Dit kan gebeur dat ons so negatief raak dat ons skoon vergeet van dit wat ons elke dag vir ander kan beteken.

Laastens is daar ’n oproep om nié die samekoms van gelowiges te verwaarloos soos party se gewoonte is nie (v 25). Ons is nie tans bevoorreg om eredienste in die kerkgebou te kan hou nie, maar dit keer ons nie om God te aanbid nie. Ons word aangespoor om as gesinne en vriende God se teenwoordigheid te vier. Dit gebeur dat sommige uit gewoonte die Here afskeep (v 25).

Hebr 10 roep ons op om in tye van onsekerheid nuwe gewoontes te vestig.

Die eerste Bybelstudie “Zoom”-byeenkoms van die jaar vind plaas op Donderdag 4 Februarie om 09:00. Die skakel vir die byeenkoms sal in volgende week se e-nuusbrief verskyn. Om die e-nuusbrief te ontvang, vul net die blokkie regs op die voorblad onder "Teken in op e-nuusbrief" in.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri