'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons kinders kan soos almal nie meer wag om kerk toe te kom nie, maar grendeltyd beperk ons nog huidiglik. Hier is darem nuus oor die jeugaksie:
• Tans is daar ‘n YouTube videodiens waar Frikkie en sy maatjies ons Kiddies en Tekkies nooi om saam te kuier. Daar is ongelukkig nog geen ander jeugaksiebyeenkomste op Sondae nie, kinders is egter welkom om by hul ouers in die kerk te sit.
• Graad 11’s en hul ouers word genooi om Sondagaande om 18:00-18:45 by ons aan te sluit in die Tent. Vanweë die druk skoolprogram sal daar voorlopig geen ander graadgroep byeenkomste in die week plaasvind nie.
• Belydenis van geloof afleggings sal eers weer plaasvind wanneer ons in groter groepe in die kerk kan bymekaarkom. Hou ons kommunikasie dop vir die datums. Enigeen wat later vanjaar belydenis wil aflê, kan die vorm op die Web aflaai of die kerkkantoor kontak.

Navrae: Lizl by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons tema vir Sondag 28 Februarie is “God bring heling” en ons teksgedeeltes Jeremia 17:14-17 en 30:17-18. Almal wil graag heel of gesond wees – fisies, emosioneel en geestelik. Ons hou nie daarvan om siek te wees of gebroke te voel nie. Maar ons moet erken dat ons as mense broos is. Heling begin nie eerstens by myself nie. Heling begin by God. Hy is al een wat mense werklik kan heel maak. Hy bring heling vir individue, vir ’n volk en vir ‘n land. In die helingsproses gebruik God ook gewone mense soos ek en jy.

Ons bede is vandag dieselfde as wat die profeet Jeremia in 17:14 bid: “Maak my gesond, Here.” Danie O’Kennedy gaan Sondag meer hieroor praat en die deurkollekte gaan vir Merweville Skoolprojek

Raak deel van ons kuiergroepe waar ons mense met dieselfde belangstellings bymekaar bring. Daar is tans ‘n groep vir stappers, amateur fotografie, kreatiewe kuiers, asook ‘n nuwe tuinmaak groep. Die amateur fotograwe beplan ‘n uitstappie op Saterdag, 6 Maart. Enigeen is welkom om saam te gaan. Vir meer inligting kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Aangesien ons nog beperk is met die hoeveelheid mense per geleentheid in die kerk, is dit noodsaaklik om vooraf te bespreek vir die dienste op ‘n Sondag. Hieronder is die tye en ‘n beskrywing waaroor elke diens gaan. Die vorm om te bespreek se skakel sal vanaf ‘n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag en permanent op die webblad bly. Hier is die skakel: https://forms.gle/yfLqD77fed78SnRB9

Dienste:
• 08:00 Klassieke diens in die kerk in ‘n meer formele styl van aanbidding en musiek.
• 09:00 Meditatiewe diens in die Kapel met stil tye vir gebed en refleksie.
• 10:00 Informele diens in die kerk in ‘n meer informele musiek- en aanbiddingstyl.
• 19:00 Aanddiens in die kerk. Hierdie is dieselfde diens as in die oggende in die kerk. Die oggenddienste raak redelik gou vol, so daar is meer gereeld plek beskikbaar by dié diens.>>

Lees verder: Hoe bespreek ek en vir wat?

Helderberg Uitreik se COVID-19-Noodlenigingsfonds het sedert sy ontstaan in Maart 2020 meer as R600 000 uitbetaal aan individue, klein besighede, organisasies, sopkombuise, projekte en vennote wat kospakkies verskaf het.

Met die heropening van die ekonomie het die aard van nood sodanig verander dat dit nie meer binne die mandaat van hierdie korttermyn-noodlenigingsfonds geval het nie. Die fonds is dus nou amptelik gesluit.

Ons wil graag vir almal bedank wat ’n bydrae tot hierdie fonds gemaak het – dit het ’n reuse-verskil in die lewe van begunstigdes gemaak. Soos een van die ontvangers gesê het: “Dis wonderlik om in vandag se tye te weet dat daar werklik nog mense is wat omgee."

Aan die begin van 2021 het Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek sy fokus verskuif na die COVID Medies-projek, en het dit die verspreiding van omgeepakkies na hospitaalpersoneel in die Helderberg-kom gefasiliteer.

’n Spesiale woord van dank aan Suzette Lombaard van Barefoot Healing in die Strand wat 40 geskenkbewyse vir ’n massering geskenk het om verpleegpersoneel te bederf.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri