'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hartlike groete vanuit die kerkkantoor, die kantoor is huidiglik weeksdae oop vanaf 08:30 tot 13:00 en volstoom aan die gang. Ten spyte van die feit dat ons nie Godsdienstige byeenkomste, behalwe begrafnisse mag hou nie, is ons dankbaar dat ons kerkterrein nog steeds benut kan word. Die Dienssentrum is soos gewoonlik oop en besig met hulle onmisbare diens aan die gemeenskap.

Ons is baie dankbaar dat Talanja-skooltjie oop is vir die kleuters en ook vir Akademia wat binnekort weer gaan begin. Verder is ons opgewonde oor 'n nuwe skooltjie Edhen, wat vanaf 1 Februarie ook op ons terrein funksioneer.

Groete
Grazie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die meeste van ons het iewers in ons lewe geworstel met die vraag wie wil ek wees? Ons het dit geantwoord met wat wil ek doen, wat wil ek bereik en het dit toe ingekleur met prestasies en mylpale. Van hierdie mylpale was in ons werk, in ons sport en selfs in ons verhoudinge. Dit was egter alles gekoppel aan die “normale” lewe en verwagtinge. Die afgelope jaar en 'n half is baie van hierdie normale aspekte van ons lewens deurmekaar gegooi en soek mense naarstigtelik weer opnuut na die sin van hulle bestaan. Vir party het hierdie tyd hulle finansiële onafhanklikheid kom steel of selfs hulle in diep skuld kom gooi. Vir ander was dit die verloor van die droom werk, omdat die besigheid toegemaak het. Vir nog ander was dit die verhoudinge, mense wat jy aan die dood afgestaan het, of verhoudinge wat verbrokkel het onder die druk.

Die een ding is waar, hierdie tyd het ons opnuut weer laat vra na: Wie is ek bedoel om te wees? Ons ontdek weer hierdie Sondag saam uit Efesiërs en Galasiërs wat God se bedoeling ook vir ons is vandag. As my basis reg is dan is daar plek vir gesonde groei en wie weet miskien is jy soos Ester 4:14 sê, juis gemaak vir 'n tyd soos hierdie.

Paul Barnard doen die diens en onthou om te gaan kyk op ons YouTube-kanaal om 08:00 Sondag sal die diens beskikbaar wees. Deurkollekte gaan vir Mosambiek Geletterdheid.

Na afloop van die President se aankondiging Maandag sal eredienste, in persoon, hervat by die kerkgebou vanaf 21 Februarie. Die huidige ramptoestand voorwaardes verval 15 Februarie so ons sal nader aan die tyd kan bevestig of daar meer as 50 persone 'n diens kan bywoon al dan nie.

Dit is dan 'n klassieke diens om 08:00 in die kerk, 'n meditatiewe diens om 09:00 in die kapel, informele diens in die kerk om 10:00 en ‘n aanddiens in die kerk om 19:00. Jy sal moet bespreek vir die diens. Kinders is welkom om by hul ouers te sit in die dienste. Intussen deel saam in ons digitale eredienste (ook vir die kinders) deur in te skryf op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal.

Die tieners se jeugaksie gaan ook die 21’ste Februarie begin. Ons sal wel vir julle in die volgende e-nuusbrief, Facebook, Whatsapp en webblad alle reëlings rondom die dienste en jeugaksie laat weet.

Liewe Gemeentelede, gesien in die lig van die COVID-19 pandemie en verskillende vorme van grendeltyd waarin ons ons al vir so lank bevind, wil ons as kerkraad graag net weer vertoef by die vraag, wat beteken dit vir jou om deel te wees van Helderberg Gemeente en wat verwag jy van ons gemeente. Deel asseblief jou mening deur die volgende vraelys te beantwoord: https://www.surveymonkey.com/r/QNV2LPQ

Aneleh Fourie
Voorsitter van die kerkraad

Ons is baie opgewonde dat Deon Els (35 jr) van Kraggakamma Gemeente in Port-Elizabeth die beroep na Helderberg aanvaar het. Hy sal DV vanaf 1 April 2021 sy bediening hier begin. Ons bid spesiaal vir hulle as gesin in hierdie oorgangstyd – Deon, sy vrou Liesel en hulle twee dogtertjies – Olivia (3 jaar) en Emily (2½ maande).

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri