'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dalk is die vraag bietjie vinnig op jou. Sal jy eers wil verduidelik?

God se droom vir sy kinders is om diep gelukkig te wees. Dit is ‘n sleutelgedagte in ons preekreeks oor wie God wil hê ons moet wees. Jesus sê volgens Johannes 10:10: “Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.” ‘n Lewe in oorvloed vat jy nie sommer in ‘n woord of twee vas nie – maar een van die frases wat die gevolge van hierdie lewe die beste beskryf, is “‘n gelukkige mens”. Dit is wat God vir jou in die oog het. Oorvloed, maar hierdie oorvloed het min met besittings te doen, en baie met vrede en liefdevolle verhoudings. Kom soek Sondag saam met Danie Möller na hierdie geluk.

Die deurkollekte gaan vir Internasionale Studentebediening

Vir bespreking vir een van die eredienste gebruik asseblief hierdie skakel https://forms.gle/JNKHSb4qSQZzhGUD7 of stuur ‘n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met die besonderhede van die diens wat jy wil bywoon, jou naam, van en selfoonnommer.

Gebruik Sondag die ingang by die Tent of agter vanaf die groot parkering waar een van ons vriendelike gasvroue jou sal inteken. Tydens die Informele diens, is daar ‘n kinderdiens (voorskool – graad 6) in Joppe of hulle kan by hul ouers in die kerk sit.

Daar is steeds ‘n Kiddie- en Tekkiediens video op YouTube (buiten langnaweke). Ons hoop jy skakel op een of ander manier in by ons eredienste om deel van die Helderberg-familie te bly.

• Saterdag, 13 Maart (8:00-13:00): Fotografie uitstappie na Soutrivier. Enigeen welkom en daar is geen koste. Plekbespreking noodsaaklik teen Donderdag 11 Maart by Corneille – 082 823 0260.
• Woensdag, 24 Maart (10:00): Die Kreatiewe Kuiergroep kom elke tweede Woensdag van 10:00-12:00 in die Tent bymekaar. Om deel te word, kontak Magdel Sel: 082 400 0903.
• Dinsdag, 6 April (18:00): Dinkskrum#WERK – hierdie is ‘n ondersteuningsgroep vir mense wie se werksituasie verander het. Ons help mekaar om nuut te dink oor die wêreld van werk, loopbane en entrepreneurskap. Vir meer inligting, kontak Ghian du Toit by 073 033 9897 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

‘n Voltydse posisie is beskikbaar by Helderberg Gemeente om die klank en beeld vir eredienste in die geheel te bestuur, insluitende die digitale vervaardiging van dienste, asook ander opnames. Kliek hier vir meer inligting.

Sluitingsdatum is 19 Maart 2021. e-pos jou CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Stel jou voor daar is ʼn stad met duisend inwoners tussen ouderdomme van 30 en 40. Die inwoners kom van baie lande, kulture en van verskillende godsdienste.

Baie vreemdelinge in die stad het baie opofferings gemaak vir ʼn beter opvoeding en toekoms. Hierdie stad word die Universiteit genoem en internasionale studente is die toekomstige leiers van lande. In 2020 was daar meer as 4 200 internasionale studente van 110 lande op Stellenbosch.

Na hul aankoms in die R.S.A voel baie oorweldig deur die onbekende omgewing en kultuurverskille. Alle mense het behoefte om êrens in ʼn gemeenskap te behoort, waar hulle sinvolle kontak het met ander mense. “FANS” (Friends of All Nations Stellenbosch) ondersteun internasionale studente emosioneel en geestelik tydens hul studies. Sosiale isolasie lei tot negatiewe welsyn van ʼn persoon.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Internasionale studentebediening

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri