'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Harmonie projek wil jou graag help om jou verhoudings met God, jouself en jou geliefdes te herstel. Ons doen dit deur:
• emosionele en praktiese ondersteuning waar nood is met bv die aankoop van data, lugtyd, kospakkies en skoolfondsbydraes.
• geestelike begeleiding met die kursusse wat ons aanbied. Ons 13 weke reeks van GriefShare, Single&Parenting, DivorceCare, DivorceCare4Kids, Boundaries with Kids en Surviving the Holidays begin op Donderdag 3 Junie 2021, kliek hier vir die datums. Koste: R300 (sluit werkboek en 13 weke kursus in). Daar is borgskappe beskikbaar indien jy dit benodig.>>

Lees verder: Word jou gesin geraak deur dood, egskeiding of enkelouerskap?

Ons verwelkom graag vir Claude Furniss en vrou, Simoné, en twee kinders. Claude is ons nuwe Oudiovisuele Beampte en bring saam met hom hope ervaring en energie! Mag jul baie tuis voel hier by Helderberg, Claude.

As jy God een vraag kan vra, wat sal dit wees? Die skrywer, Peter Burton besoek meer as 100 skole om agter te kom wat leef in die harte van jong Suid-Afrikaners. Wat is dit wat jongmense vir God sal wil vra? Die terugvoering is eerlik, soekend en hartroerend. As ons reflekteer oor die afgelope Paastyd dan nooi God ons nou om verder te stap. Watter konneksie is daar tussen God se plan vir die wêreld en dit wat leef in die harte van jongmense? Hierdie komende Sondag gesels ons saam oor die verhaal van die verlore seun. God skep ’n veilige ruimte vir ons om tuis te kom. Hy nooi ons uit om deel te wees van Sy familie.

Sondag is hierdie ons nuwe leraar, Deon Els, se intreepreek. Ons sou graag ‘n groot fees wou hou om hom welkom te heet, maar sal dit doen wanneer die inperkings dit toelaat. Baie welkom Deon, ons hoop jy en jou gesin is baie geseënd hier by Helderberg Gemeente. Kom deel saam in Sondag se diens deur dit in die kerk by te woon (sien skakel hieronder) of kyk dit op ons YouTube-kanaal.
Die deurkollekte gaan vir dankoffers.

Bespreek hier vir Sondag se dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7. Elke Maandag word die nuwe week se vorm op die webblad gelaai.

Sondag is Deon Els se intreepreek. Ons sou graag ‘n groot fees wou hou om hom welkom te heet, maar sal dit doen wanneer die inperkings dit toelaat. Baie welkom Deon, ons hoop jy en jou gesin is baie geseënd hier by Helderberg Gemeente.

Dis nou byna 9 jaar wat ek die voorreg het om by Helderberg Gemeente te kan werk as Kinderbediening-koördineerder. Ek wil graag iets deel van my reis tot hier en dan spesifiek die baie spesiale gebeurtenis wat plaasgevind het op Maandag 29 Maart, my Legitimasie as Diensleraar.

Ek het die voorreg gehad om groot te word in Somerset-Wes, met Helderberg Gemeente as my tuiste en waar ek Sondag na Sondag in die Sondagskool was, natuurlik omdat my ma toe hier gewerk het as Musiekkoördineerder. As tiener was ek betrokke by die tienerkerkraad, sanggroep, Exodus band en nog vele ander aktiwiteite hier by die gemeente. Danie O’Kennedy was toe my jeug-predikant!

Ek het reeds as tiener ervaar dat die Here my roep om met kinders en jongmense te werk, nie omdat my pa ‘n predikant was of omdat ek so baie in die kerk gekom het nie, dit is regtig iets soos ‘n begeerte om ‘n verskil te kan maak in God se Koninkryk! Na my Diensjaar vir Christus na matriek, het ek Jeugwerk gaan studeer by Hugenote Kollege en behaal my Hon. B.Diac graad in 1999. Wonderlike vormingsjare op vele gebiede!>>

Lees verder: Op reis….

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri