Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Ons lewe in ʼn besige tyd! Eintlik is tyd nie besig nie, dit is net ons wat besig is met soveel dinge in die tyd wat ons het. As jy vir iemand vra hoe dit gaan is ʼn algemene antwoord – Besig of nog beter: As my voete grondvat is dit omdat ek besig is om spoed te verloor. Ons het begin leef met hierdie oortuiging dat ʼn besige lewe ʼn goeie lewe is, of meer ʼn suksesvolle lewe is.
Om besig te wees, is nie verkeerd nie die vraag is waarmee is ons besig? Een van my gunsteling tekste in die Bybel is Ef 2:10: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Telkens in my lewe moet ek myself afvra, is hierdie dinge waarmee ek besig is die goeie dade waarvoor God my bestem het of het ek iewers fokus verloor?
Hierdie Sondag kyk ons na die taai toffie van tydsbestuur.
Kontak asseblief vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
In die volgende paar weke gaan ons ‘n kort beskrywing van die verskillende dienste gee. Miskien is dit ook die geleentheid vir jou om te gaan loer waaroor die ander dienste gaan. Hierdie week is dit die Klassieke diens. Onthou ook as jy wil betrokke raak by iets in die dienste bv musiek, dekor of Levi’s, kontak vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Projek vir gestremdes kry 'n nuwe naam: AHAVAH
Die projekspan maak graag hulle nuwe naam en logo bekend.
Die woord gestremd is beperkend en selfs diskriminerend. ‘n Bybelse word, AHAVA is ondek en na verdere navorsing oor betekenis en Bybelse feite was dit ooglopend die regte besluit. Die word AHAVAH beteken “liefde” in Hebreeus. Ons word in die eerste plek geroep om liefde te wees, gewers van onsself. Om vriendelik, vrygewig, opbouend en bemoedigend te wees, om ander te dien. Om 'n verskil in mense se lewens te maak, om rentmeesters van ons aarde en vir ons omgewing te wees. Ons word geroep om van onsself aan die wêreld en gemeenskap rondom ons 'n beter, meer omgee plek te wees, veral in ons geval, vir mense met spesiale behoeftes.
Die simboliek in ons nuwe logo:
Christus (die kruis) is ons middelpunt en kern van wat ons doen. Ons sien almal as dieselfde hetsy gestremd of nie, en natuurlik word die hart vir mense duidelik op hande gedra. Sonder die hande, simbool van ons gemeente se gebede, bydraes en in persoon as vrywillige helpers, sou hierdie projek nie kon voortgaan nie. ‘n Halleluja word elke keer deur ons as span ervaar wanneer daar genoeg fondse beskikbaar is om versoeke van mense met spesiale behoeftes te kan help. Dankie dat julle Helderberg Gemeente se leuse “Om te leef met passie vir God en hart vir mense en ‘n wêreld in nood” so duidelik uitleef deur julle ondersteuning vir hierdie projek.
Projekleier: Anton Engelbrecht by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ons gesels hierdie week oor die taai toffie van “verlies”. Verlies word en is op baie maniere deel van ons lewe: Verlies van werk of inkomste; verlies van ’n geliefde wat dood is; ’n huwelik of verhouding wat verbrokkel; kinders wat emigreer; vriende of familie wat stry kry; verlies van ’n gemeenskap, of land wat anders word as soos wat jy dit geken het, wat jou laat voel dit is nie meer jou plek nie; verlies aan sekerheid en hoop.
Hierdie verliese doen iets aan ons menswees. Die seer lê vlak. Hoe hanteer ons as gelowiges dit? Hoe help ons mekaar? Hoe wil die Here ons help?
Kom Sondag of skakel in by ons dienste. Nooi ook iemand saam wat dalk die boodskap nodig het.
Ons gaan lees uit 2 Samuel 1 en Johannes 11.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- vir die riglyne in die Bybel
- dat U ‘n doel het met ons lewe
- dat U ons bevry van vrees
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
In die liefde is daar geen vrees nie. 1 Johannes 4:18a
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus