'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dis langnaweek vir ons kinders-en-tiener bediening, maar ons eredienste gaan volstoom aan. Hierdie komende Sondag gaan ons aan met ons TAAI-TOFFIE-reeks as ons gesels oor vreugde wat soms ontbreek in taai tye.

Ons gesels saam uit Matteus 22 waar Jesus uitgenooi word na 'n troue. In 'n samelewing waar geluk en vreugde soms papierdun voorgehou word delf ons so bietjie dieper in die Bybel in. Ons volg Jesus se roete om te sien en ervaar hoe innerlike vreugde deel vorm van ons geloof in Jesus Christus. 

Ons verwelkom ook 'n klomp nuwe lidmate van regoor die land en bid dat Helderberg vir jou 'n kosbare gelooftuiste sal wees. Hier is almal welkom.

Deon Els

As ‘n Nie-winsgewende organisasie, is Helderberg Uitreik verplig om jaarliks ‘n openbare vergadering te hou ter verslaglewering van sy werksaamhede. Die Uitreik Jaarvergadering het plaasgevind op 25 Julie 2022 en is bygewoon deur 67 belangstellendes.

Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk sinode Wes-en Suidkaap was die spreker en het gefokus op lidmate as ligdraers in die gemeenskap en hoe Helderberg Uitreik as voertuig daarby inpas. Daar is ook verslag gelewer oor die afgelope jaar se werksaamhede en die ouditstate is goedgekeur. Nuwe bestuurslede wat verkies is vir die volgende twee jaar termyn, is Hennie Groenewald en Emil Krugmann (herkies). Die bestuur het ook sy dank uitgespreek teenoor Marius Ungerer wat die afgelope 5 jaar op die Uitreikbestuur gedien het. Marius was nie weer verkiesbaar nie, omdat hy gaan verhuis.

Op die foto is vlnr agter Paul Barnard, Kotzé van Wyk (voorsitter), Chris Hollenbach, Johan van Niekerk en Emil Krugmann. Voor is Melanie Smit (nuwe bestuurder vanaf Maart 2023), Marius Ungerer, Louise Theron en Leone Malan.

Louise Theron

Alle jong werkende mense word uitgenooi om hierdie Saterdag saam koffie te bring, as jy wil kan jy ook jou hond saambring. Wil jy iets weet? Kontak vir Olivia Gardner by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Buiten Lizl se gesin het sy ‘n groot passie vir musiek en sy sing ook graag. As jy met haar wil gesels, kontak haar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Helderberg Gemeente word 53 jaar oud in September, hou asseblief die naweek van 23-25 September oop hiervoor. Ons is baie opgewonde om die verjaarsdag te vier en gaan 'n kunstefees hou (binnekort stel ons die volledige program vir die naweek beskikbaar). Vir navrae kontak gerus vir Ronell Erwee by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri