'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Dit is die maand Oktober – die mooiste maand. Ja, dit is lente in die Kaap. Saam met die lente kom by baie van ons die behoefte om op te ruim en skoon te maak en reg te ruk. Dit is tyd vir “Spring Cleaning” of lente-opruim. Dit is nie net ons stowwerige laaie en oorvol stoorkamers wat ‘n lente-opruim nodig het nie. Dalk het jy ook ‘n geestelike lente-opruim nodig? Hoe doen ons dit en hoe lyk die vars lentegeloof?

Ons gesels Sondag hieroor en jy is welkom.

Die Skriflesing is uit Psalm 51.

Danie Möller

Elke Sondagaand is die diens in die Kapel en hulle voel al soos ‘n groep ou vriende wat saam die diens bywoon. Kom gerus hierdie Sondag en word deel van hierdie groep.

Nooi asseblief jou vriende en familie om na hierdie fees te kom. Kaartjies te koop op www.quicket.co.za.

Hierdie Sondag gaan sommer ‘n lekker feesviering wees as deel van die Gemeente se verjaarsdag. Na die Informele diens gaan ons aansit by die Langtafel-middagete, daar is nog kaartjies hiervoor beskikbaar op www.quicket.co.za of by die kerkkantoor.

Ons kyk terug en ons is oneindig dankbaar… Dankbaar vir God se getroue sorg die afgelope 12 jaar. Ons span staan meestal maar net verstom oor hoe Hy maand na maand, jaar na jaar voorsien. Dankbaar dat Hy altyd vooruitstap en vir ons die pad wys. Ons kyk vorentoe en ons is verskriklik opgewonde… Opgewonde oor die 2 185 leerdertjies wat weekliks baat vind by ons vroeë remediërende intervensie, opgewonde oor die 118 opvoeders wat by hul skooltjies bemagtig word om die program in hul eie klasse aan te bied, opgewonde oor die 76 skooltjies wat reeds deel is van die program en opgewonde oor ons splinternuwe toevoeging, “Kuns vir Koningskleuters”, waardeur die Woord van die Here aan hierdie leerdertjies gebring word. Ons kyk op en ons weet: Dit is alles net genade! Alle eer aan ons Hemelse Koning vir dit wat reeds bereik is, en dit wat Hy nog deur HOEP gaan doen.

Ons sien en ervaar hoe elkeen van die skooltjies besig is om Ligtorings in die gemeenskappe van Nomzamo, Asanda Village, Lwandle, Strand, Firgrove, Raithby, Macassar, Mitchell’s Plain, Khayelitsha, Delft, Kuilsrivier, Eersterivier, Klapmuts, Franschhoek, Sir Lowry’s Pass, Grabouw en Botrivier te word. Daar waar die nood nie in woorde omskryf kan word nie, is hierdie opvoeders besig om Jesus se Lig helder te laat skyn!>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Hemel-op-Aarde Projek / Heaven-on-Earth Project (HOEP)

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri