“Sometimes your highest calling scares you the most.”

Dit is Oktobermaand. Dit is laatmiddag. My selfoon kry die bewerasies om ’n Whatsapp aan te kondig. Dit is die maatskaplike werker. “Do you know of any temporary safety care mom who is available and ready to take a baby?”

Iewers is daar dus ’n baba wat ’n mamma nodig het. Die ratte in my kop begin draai. As projekleier van die kanga&roo-projek wat tydelike veilige sorg-ouers met melk en doeke ondersteun, het ek kontak met heelwat kanga-mammas. Die een na die ander naam kom by my op en so ook die rede waarom die betrokke mamma nie nou ’n baba sal kan neem nie: “Sy gaan hierdie week in vir ’n operasie.” “Sy het reeds ’n baba.” “Hulle gaan Desember met vakansie.” My lys van name krimp. Ek laat weet die maatskaplike werker dat ek nie nou van ’n mamma weet wat gereed is vir ’n baba nie.

Vroeg die volgende oggend is ek wakker. Ek dink aan die baba en iets in my hart roer. “Wat van ons? Moet ons nie dalk die baba neem nie?” My lys van verskonings groei: “Ek het nog ’n KidsXpress-boek wat afgehandel moet word.” “Ons wil Desember by my ouers gaan kuier – daar is nie plek vir ons as gesin, ons bagasie en ’n baba in die kar nie.” “Ons vorige baba is skaars twee maande gelede na sy aanneemouers toe. Ek geniet nog my deurslaap in die nag.” “Die baba sal nog teen Januarie by ons wees. Dit is ons besigste maand in KidsXpress.” En so aan en so aan....>>

Lees verder: kanga&roo

Dinsdagoggende het ek en die 37 graad 1’s in my klas ‘n sug van verligting geslaak wanneer tannie Ida Verster om die hoek geloer het met haar stralende, laggende persoonlikheid, storieboek in die hand. Dit was met genoegdoening wat ek die leerders dopgehou het hoe hulle met oorgawe saamgeleef het in die storie wat tannie Ida gelees of vertel het. In die klas kon ek agterkom hoe hulle woordeskat en denkprosesse verbeter het deur die tyd wat hulle met haar bestee het as weeklikse voorleser in my klas by Macassar Primêre Skool. As opvoeder wat toegegooi was met merkwerk en ander administrasie het dit vir my ook daardie halfuur gegee om net aan dringende sake aandag te gee.

Ek ag myself bevoorreg om beide as opvoeder en vrywilliger by Uyavula betrokke te kon wees. Ek kon bydraes lewer en behoeftes deurgee wat ons in die skool nodig gehad het, maar ek kon ook aan die ander kant beleef watter waardevolle bydraes ons vrywilligers maak.>>

Lees verder: Meer werd as korale…

Heartlands Baby Sanctuary is 'n gevestigde nie-winsgewende organisasie in Somerset-Wes. Op 1 Mei 2015 het Heartlands Baby Sanctuary ontstaan met die doel om die behoeftes van kwesbare siek kinders in ‘n moderne veranderende samelewing te verlig en daardeur word die organisasie se slagspreuk gevorm, “dit is elke kind se geboortereg om aan 'n liefdevolle familie te behoort”.

Alle kinders word vir 'n tydperk van ses maande weer teruggeplaas in die gemeenskap by hul eie ouers, pleegsorg of aanneming.

Heartlands is ook 'n HOSPITIUM vir kinders van geboorte tot 6 jaar, ʼn “step-down” mediese fasiliteit en 'n geregistreerde geestes gesondheids-fasiliteit, asook ʼn “Child and Youth Care Centre” vir verlate, verwaarloosde en mishandelde kinders.>>

Lees verder: Heartlands Baby Sanctuary

‘n Tyd van verootmoediging en gebed

Die droogte en gepaardgaande waterkrisis is op almal se lippe en beïnvloed ons gemoedstoestand, denke, asook ons geloofslewe. Dit is eintlik bemoedigend, soms ontstellend, om te hoor hoe mense in die tyd gesels oor gebed, geloof, wonderwerke, die oorsake van die droogte en ons gepaardgaande verantwoordelikheid. Baie leef met ‘n sigbare angstigheid.

Eintlik is die droogte ook ‘n geleentheid van God: Dit dwing ons almal om weer opnuut na te dink oor ons verhouding met God, met mekaar en die natuur; ons gedrag en lewenswyse; die volhoubaarheid van ons manier van lewe. Wat ‘n uitdagende tyd om in te leef en juis in hierdie opnuut te ontdek: Wie God is en waarheen Hy met ons oppad is. Ons word eintlik almal gedwing om te “restart”.

Daarom nooi ons jou om vanaf Woensdag, 14 Februarie (Aswoensdag, die begin van lydenstyd) saam met baie ander gelowiges ‘n pad van verootmoediging en gebed te loop. Die kapel gaan Woensdag van 06:00 af oop wees vir gebed en om 17:00, 18:00 en 19:00 sal daar ‘n Aswoensdagdiens wees met gebedstyd.

Ons roep mekaar op om in hierdie komende lydenstyd (14 Febr tot 31 Mrt):
- Onsself voor die Here te verootmoedig en na te dink oor ons verhouding met God, mense en die natuur.
- Te bid vir reën en damme wat weer oorloop. Die Here voorsien ook omdat ons daarvoor vra. As sy kinders mag ons die vrymoedigheid neem om te vra.
- Vir ‘n waagmoed om anders te begin dink oor die voorsiening en (her)benutting van water.
- Te bid vir ons leiers om die waterkrisis met wysheid en verantwoordelikheid te bestuur.
- Om nie net te kritiseer nie, maar deel van die oplossing te wees.

Al sou dit nou reën en ons damme vol loop, is ons waterkrisis nie iets van die verlede nie. Hierdie droogte het ons net bewus gemaak van ander groter uitdagings. Op Maandagaand, 12 Februarie om 18:30-20:00 (in die kerk) is twee van die raadslede van Stad Kaapstad, Gregory Peck en Benedicta van Minnen, hier by ons om ons in te lig oor die waterkrisis en die pad vorentoe. Die waterkrisis raak ons almal en ons as gelowiges wil saam met alle ander partye binne die gemeenskap soek na volhoubare oplossings.

 

Top