'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons kyk terug en ons is oneindig dankbaar… Dankbaar vir God se getroue sorg die afgelope 12 jaar. Ons span staan meestal maar net verstom oor hoe Hy maand na maand, jaar na jaar voorsien. Dankbaar dat Hy altyd vooruitstap en vir ons die pad wys. Ons kyk vorentoe en ons is verskriklik opgewonde… Opgewonde oor die 2 185 leerdertjies wat weekliks baat vind by ons vroeë remediërende intervensie, opgewonde oor die 118 opvoeders wat by hul skooltjies bemagtig word om die program in hul eie klasse aan te bied, opgewonde oor die 76 skooltjies wat reeds deel is van die program en opgewonde oor ons splinternuwe toevoeging, “Kuns vir Koningskleuters”, waardeur die Woord van die Here aan hierdie leerdertjies gebring word. Ons kyk op en ons weet: Dit is alles net genade! Alle eer aan ons Hemelse Koning vir dit wat reeds bereik is, en dit wat Hy nog deur HOEP gaan doen.

Ons sien en ervaar hoe elkeen van die skooltjies besig is om Ligtorings in die gemeenskappe van Nomzamo, Asanda Village, Lwandle, Strand, Firgrove, Raithby, Macassar, Mitchell’s Plain, Khayelitsha, Delft, Kuilsrivier, Eersterivier, Klapmuts, Franschhoek, Sir Lowry’s Pass, Grabouw en Botrivier te word. Daar waar die nood nie in woorde omskryf kan word nie, is hierdie opvoeders besig om Jesus se Lig helder te laat skyn!>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Hemel-op-Aarde Projek / Heaven-on-Earth Project (HOEP)

Ons lewe in ʼn besige tyd! Eintlik is tyd nie besig nie, dit is net ons wat besig is met soveel dinge in die tyd wat ons het. As jy vir iemand vra hoe dit gaan is ʼn algemene antwoord – Besig of nog beter: As my voete grondvat is dit omdat ek besig is om spoed te verloor. Ons het begin leef met hierdie oortuiging dat ʼn besige lewe ʼn goeie lewe is, of meer ʼn suksesvolle lewe is.

Om besig te wees, is nie verkeerd nie die vraag is waarmee is ons besig? Een van my gunsteling tekste in die Bybel is Ef 2:10: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Telkens in my lewe moet ek myself afvra, is hierdie dinge waarmee ek besig is die goeie dade waarvoor God my bestem het of het ek iewers fokus verloor?

Hierdie Sondag kyk ons na die taai toffie van tydsbestuur.

Paul Barnard

Kontak asseblief vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

In die volgende paar weke gaan ons ‘n kort beskrywing van die verskillende dienste gee. Miskien is dit ook die geleentheid vir jou om te gaan loer waaroor die ander dienste gaan. Hierdie week is dit die Klassieke diens. Onthou ook as jy wil betrokke raak by iets in die dienste bv musiek, dekor of Levi’s, kontak vir Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Projek vir gestremdes kry 'n nuwe naam: AHAVAH
Die projekspan maak graag hulle nuwe naam en logo bekend.

Die woord gestremd is beperkend en selfs diskriminerend. ‘n Bybelse word, AHAVA is ondek en na verdere navorsing oor betekenis en Bybelse feite was dit ooglopend die regte besluit. Die word AHAVAH beteken “liefde” in Hebreeus. Ons word in die eerste plek geroep om liefde te wees, gewers van onsself. Om vriendelik, vrygewig, opbouend en bemoedigend te wees, om ander te dien. Om 'n verskil in mense se lewens te maak, om rentmeesters van ons aarde en vir ons omgewing te wees. Ons word geroep om van onsself aan die wêreld en gemeenskap rondom ons 'n beter, meer omgee plek te wees, veral in ons geval, vir mense met spesiale behoeftes.

Die simboliek in ons nuwe logo:
Christus (die kruis) is ons middelpunt en kern van wat ons doen. Ons sien almal as dieselfde hetsy gestremd of nie, en natuurlik word die hart vir mense duidelik op hande gedra. Sonder die hande, simbool van ons gemeente se gebede, bydraes en in persoon as vrywillige helpers, sou hierdie projek nie kon voortgaan nie. ‘n Halleluja word elke keer deur ons as span ervaar wanneer daar genoeg fondse beskikbaar is om versoeke van mense met spesiale behoeftes te kan help. Dankie dat julle Helderberg Gemeente se leuse “Om te leef met passie vir God en hart vir mense en ‘n wêreld in nood” so duidelik uitleef deur julle ondersteuning vir hierdie projek.

Projekleier: Anton Engelbrecht by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri