'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Fasiliteite sê dankie
Die Fasiliteitespan wil graag vir ons gemeente baie dankie sê dat julle dit vir ons moontlik maak om hierdie pragtige fasiliteite van ons in stand te hou. Daar was oa dakke reggemaak, die nissies is omhein, tuin is opgeknap, herstelwerk gedoen en nog vele meer. Ons is baie bevoorreg om ‘n aktiewe gemeente te wees waar daar daagliks verskillende aktiwiteite aan die gang is. Ons is ook trots daarop om te meld dat ons oor ‘n paar permanente huurders beskik.

Ons fasiliteite is nie net beskikbaar vir ons gemeente se mense nie, ons het ook baie besoekers wat oa begrafnisse bywoon. Heelwat mense, ook nie-lidmate, wil graag ‘n geliefde se begrafnis by Helderberg in die kerk of Kapel hou. Dit is vir ons ook goed om ‘n diverse gemeente te wees waar ons ieder en elk laat tuis voel.

Ons span is baie trots op dit wat die Here aan ons gegee het om tot Sy eer te gebruik, daarom maak ons erns met ons perseel, dit is ons trots.

Odette Stemmet 

Foto: agter van links is David Koopman, Edward Njonga, Paul Kilian (leier), Antoinette du Tot en voor is Odette Stemmet en Margie Herselman.

Ons lewe in ‘n samelewing waar ons soos almal alles beoordeel. Waar jy kyk of jou gedrag, jou stellings goedgekeur word deur ander deur die hoeveelheid likes wat jy het op Facebook, Instagram, Twitter of een van die ander sosiale platforms. Dit maak ook dat ons heeltyd ons eie prestasies, lewe of selfs normale daaglikse doen en late vergelyk met mense rondom ons. Die definiëring van die self word gedoen op grond van hoe ek vergelyk.

Daarom is dit belangrik om ‘n klomp mense in my sirkel, vriendekring of op my sosiale media te hê wat swakker as ek is. Wat my toelaat om goed te voel oor myself. Ons dink dit is ‘n nuwe ding, iets van ons moderne tyd. Dit is sekerlik een van die oudste dinge in die mensdom en een van die hartseerste dinge in geloof. As ek net iemand anders kan uitwys waarvan ek oortuig is meer sondig is as ek dan voel ek baie beter oor myself.

Die dissipels van Jesus doen dieselfde in Johannes 9 om dan met ‘n skok toe ontdek dat hulle die hele situasie gemis het. God roep ons op, nie om die sleg in ander te sien nie, maar die heerlikheid van God. Om stil te staan as die wêreld veroordeel en bewus te word van God in ander. Om nie te beoordeel nie, maar om mense te gun wie God hulle gemaak het om te wees en dan die eer aan God te gee.

Kom deel hierdie Sondag in die heerlikheid van God as ons dit vier in ander mense.

Paul Barnard

Bring die hele familie en kom geniet die diens van 27 November saam met Familiebediening.

Helderberg Uitreik se Sir Lowry’s Pass projek fokus op die kinders van die Village. Ons bestuur sedert 2010 ‘n Kindervoedingsprogram in samewerking met inwoners Babsie Steyn (Sir Lowry’s Pass Primêr), Fiela Opperman (Fiela se huis-sopkombuise, die Young Ones-tienerkoffiekamer en Bybel- en dansklassies vir kinders) en Zelna Cupido (Kingdom Kids crèche). Behalwe vir die direkte waarde van gesonde, gereelde voeding, glo ons ook dit is een van die voorvereistes vir suksesvolle opvoeding wat weer ‘n sleutel tot persoonlike ontwikkeling en armoedeverligting is. Ons voorsien tweeweekliks bestanddele sodat hierdie engele in die Village vir die kinders in die gemeenskap kan kosmaak. Ons het by hulle geleer wat dit beteken om Jesus se hande en voete te wees en om ander sonder oordeel of voorwaardes met ‘n liefdevolle gesindheid te dien.

Die SLP Leerderondersteuningsprogram vir hoërskoolleerders het in 2014 begin en behoeftige leerders word d.m.v. ‘n beurs in staat gestel om met hul hoërskoolopleiding voort te gaan. Die beurs dek skoolfooie, uniforms en skryfbehoeftes. Gemeentelede se bydraes stel ons in staat om tot 20 leerders per jaar in hierdie program te ondersteun.

Die gemeente se bydraes en ondersteuning stel ons in staat om vir Babsie, Fiela, Zelna en die kinders in die Village op verskeie maniere te ondersteun. Kom gesels asseblief met ons as jy wil betrokke raak of nuwe idees het oor hoe om die kinders van Sir Lowry’s Pass te bemagtig.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Sir Lowry’s Pass projek

Ons almal weet dat geen liefdesverhouding kan werk sonder die “commitment” van albei partye nie. Dit is ook dieselfde in ons verhouding met die Here en sy kerk. Reeds vanaf Genesis lees ons dat God ’n verbond (verbintenis of commitment) met sy volk aangaan. Hy beloof dat Hy die troue Verbondsgod sal wees en vra dan ook ’n verbintenis van sy volk. Gen 17:1 sê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor my, en wees onberispelik.” In Rom 12:11 lees ons ook die volgende woorde “Moenie traag wees in jou toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.” God beloof dat Hy altyd ’n God vir ons sal wees.

Dit kan wel gebeur dat ons as gelowiges se commitment begin afneem. Waar staan jy tans in jou verhouding met die Here en met sy kerk? Het jy ’n behoefte om weer jou commitment te versterk?

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri