'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

  

Projekleier: Burgert le Roux

Sendelinge:  Werner en Tania Schultz

KidsXpress publiseer kinderbediening-hulpbronne sodat kinders meer effektief met die Evangelie bedien kan word. Ons visie is om uitdrukkings van God se liefde te skep wat indrukke op kinderlewens maak. Kinders leer God en die Bybel ken deur speletjies, interaktiewe Bybelstudie en saamdoen-aktiwiteite. KidsXpress materiaal word landswyd en oor kerkgrense heen in Suid-Afrika en ook in Namibië gebruik. Denominasies sluit oa in NGK, Baptiste, AGS, Lede in Christus en Shofar. Kinders word in gemeentes, in skole en in woonbuurte in stede sowel as op plase en in plakkerskampe met die evangelie bedien.

KidsXpress werk tans aan ons eerste reeks vir Xhosa-sprekende kleuters. Die reeks, Imibala echaza ibali (Die kleure vertel ‘n storie), bestaan uit ‘n handleiding en prenteboek asook ‘n CD met Xhosa-liedjies. Ons is baie opgewonde oor die projek en vertrou dat talle kleuters Jesus sal leer ken en liefkry. Ons is baie dankbaar vir die finansiële steun wat ons ontvang het vir die ontwikkeling van die reeks, maar benodig steeds borge om die reeks in die hande van onderwysers in Xhosa-sprekende kleuterskole, wat dit nie kan bekostig nie, te plaas.

Raak betrokke deur finansiële bydraes en hulp met skryfwerk, navorsing, taalversorging, illustrasies, grafiese ontwerp en bemarking. Besoekwww.kidsxpress.org

Projekleier:  Kobus Eksteen en Gerhard Kruger

Ons bied tans ondersteuning aan die plaaslike sinode (IRM) op Milange om sendelinge uit te stuur om die evangelie aan die onbereiktes in die verre noorde van Mosambiek te verkondig.  Vanjaar ondersteun ons twee predikante van die IRM tov onderhoud, vervoer en bemoediging, in samewerking met sendelinge wat deur ander gemeentes ondersteun word en wat in daardie areas werksaam is

Projekleier: Grazie Beets

Die Bybel dra God se Lig uit in ‘n donker wêreld waar baie mense sonder hoop voortploeter en bring ook ‘n besondere vreugde in die harte van diegene wat dit uitdeel. Die doel van die Bybelverspreidingsprojek is om Bybels beskikbaar te stel vir verskeie projekte binne en buite ons gemeente.

Volledige Bybels is beskikbaar by die kerkkantoor in Afrikaans, Xhosa en Engels. Enige donasie wat jy sal maak sal gaan vir die doel. Die idee hiervan is dat gemeentelede dit met hulle sal saamneem waar hulle elke dag beweeg en dit sal uitdeel waar hulle te doen kry met mense wat ‘n behoefte het na die Woord van God. Agter in die Bybel is die verlossingsboodskap opgesom om dit maklik te maak om ‘n gesprek met iemand aan te knoop.

 

Helderberg Uitreik is ’n Organisasie Sonder Winsoogmerk, NPO 032-078, wat daarna streef om mense te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.

Die organisasie staan onder leiding van ’n verkose bestuur. Die projekte word elk deur ’n projekspan bestuur. Projekspanlede is vrywillige medewerkers wat deur hulle verlossing in Christus geïnspireer is en ’n hart het vir die spesifieke projek wat hulle bestuur.

Die finansiering van die projekte is nie vanuit dankoffers nie, maar deur geloofoffers, geloofsvennote en fondsinsamelings.

Kontak gerus die Uitreikbestuurder, Melanie Smit, as jy meer wil weet.

Please contact the Outreach Manager, Melanie Smit, for more information about our Outreach Projects.

Lees meer en raak betrokke by:

Vroeë kinderjare-ontwikkeling
Tiener- en volwasse-ontwikkeling
Evangelisasie
Berading, terapie en medies
Ondersteuning

Waar Behoefte Bestaan

Dit is ‘n steunfonds vir al die projekte van Helderberg Uitreik en word deur die Uitreikbestuur administreer. Indien lidmate onseker is oor watter projek hulle steun die nodigste het, kan geloofoffers aan hierdie fonds toevertrou word. Die bestuur sal dit oordeelkundig toeken volgens behoefte. 

Helderberg Uitreik is geregistreer vir Art 18A belastingverligting vir donateurs

Helderberg Uitreik (NPO 032-078) PBO 930009259 is geregistreer om Art 18A(1)(a) kwitansies uit te reik vir donateurs. Dit beteken dat donasies vir plaaslike armoede-verligting- en ontwikkelingsprojekte, die WBB fonds en “Bestuur” belasting aftrekbaar is vir die donateur.

Donateurs kan asb bewys van betaling, asook hulle volle naam en adres stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir die Art 18A kwitansie.

 

Graag versoek ons dat alle donasies en betalings aan Helderberg Uitreik direk in ons rekening inbetaal word ipv die Gemeente se rekening. Daar is nou twee afsonderlike boekhoudingstelsels en om kostes te bespaar moet inbetalings in die toepaslike instansie se rekening geplaas word. Ons waardeer elkeen se bydrae. Hier is die besonderhede vir jou gemak:

LW: Donasies wat vir Art 18A kwalifiseer moet asb die rekening van Helderberg Uitreik gebruik:

ABSA Helderberg,

Rek nr 9114 483 080,

Takkode 632005 

Swift-kode vir buitelandse donateurs: ABSAZAJJ

Merk asb steeds watter projek ondersteun word.

Navrae: Melanie Smit

 

Projekleier: Louise Jacobs

Ons visie:
Die Helderberg Beradingsentrum, deel van Helderberg Uitreik, streef daarna om ‘n ruimte te skep waar individue, gesinne en families van die gemeenskap emosionele ondersteuning kan ontvang en bemagtig word in die proses van heelwording.

Wie bied die dienste aan?
‘n Uitgebreide groep vrywillige psigo-sosiale ondersteuners met besondere gawes, gerugsteun deur professionele persone, stel hulself beskikbaar om te werk aan ons missie deur te luister, om te gee, te ondersteun en hoop te bring.

Waarmee help ons?
Onderwerpe wat aangespreek kan word tydens beradingsgesprekke sluit in rou, ouerskap uitdagings, stres, angs, uitbranding, uitdagings in die werksplek, verhoudings, trauma, egskeiding en vele meer.

Enige kostes?
Hoewel al die pastorale hulpwerkers hul tyd vrywillig beskikbaar stel (sonder vergoeding) om ander te dien, wil die sentrum jou graag aanmoedig om ‘n finansiële bydrae te maak om ons administratiewe kostes te dek en ook ons volhoubaarheid te verseker. Donasies kan gemaak word by: Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, rek nr 9114 483 080, takkode 632005 (merk: Berading)

Waar en Wanneer word dienste gelewer?
Dienste word gelewer tydens kantoorure by Helderberg Gemeente se administratiewe kantore of aanlyn via Zoom of Whatsapp video call.

Hier is die skakel na ons Facebookblad: https://www.facebook.com/Helderberg-Beradingsentrum-111281073832240/?modal=admin_todo_tour

Kontak ons gerus, kliek hier

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri