'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Agapé Medies staan in diens van die Helderberg gemeenskap om behoeftige pasiënte te help sover dit moontlik is met die hulp van wonderlike mediese dokters en personeel in ons gemeente.

Ons het reeds die hulp van verskeie spesialiste en mediese dienste wat ons bystaan. Ons is afhanklik van hulle gratis tyd en dieste. Dit is ons hoop en vooruitsig vir die nuwe jaar om nog baie pasiënte te kan help wat op ons pad kom.

Ons is dankbaar vir die Hemelse Vader wat die vrywilligers op ons pad stuur en so hulle en die pasiënte bymekaar kan bring.

Kontak gerus ons projekleier, Junita Kruger vir enige navrae

Hoe om deel te neem aan die projek?

Die name van die kinders in die Klein Karoo is weer beskikbaar vir hierdie jaar se skoenboks-projek. As jy 'n boks wil pak kan jy op verskeie maniere registreer:
1. Skandeer die QR kode hieronder om na die registrasie blad geneem te word.
2. Gebruik die volgende skakel https://goo.gl/forms/eY9xx0XW9Y0nX9s33 om na die registrasie blad geneem te word.
3. Stuur 'n e-pos na kHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. dan stuur ons die registrasievorm na jou.

Nadat jy geregistreer het sal jy 'n e-pos van ons ontvang met die naam van die kind vir wie jy die skoenboks opmaak, asook hoe die skoenboks gepak moet word.

Gee met liefde en maak 'n verskil.

kanga&roo projek

Projekleier:  Tania Schultz

Psalm 68: 7 “God laat eensames in ’n huisgesin woon...”

Dié splinternuwe projek onder leiding van Tania Schultz (sy en Werner is self al vir vier jaar kanga-ouers) onderneem om tydelike-veilige-sorgouers wat omsien na babas wat vir aanneming beskikbaar gemaak is, te ondersteun.

Kanga-ouers is persone wat by die departement van sosiale ontwikkeling geregistreer is om babas te versorg vanaf geboorte totdat die babas wetlik aanneembaar is. Die liefde en aandag wat die babas tydens hierdie periode ontvang is onontbeerlik vir hulle ontwikkeling en vir hul aanpassing in hul nuwe permanente huisgesinne.

Behoeftes wat die projek geïnspireer het?
Die versorging van babas het ʼn koste-implikasie
– weggooidoeke en babaformule alleen kos ongeveer R1 500 per maand per baba. Agv die groot behoefte en aangesien sommige kanga-ouers net sekere tye van die jaar ’n baba kan neem, neem ander gesinne twee of drie en soms tot ses babas in wat addisionele ondersteuning noodsaak.

Hoe kan jy help?
- Doeke (Pampers/Huggies – newborn tot nr3) by kerkkantoor afgelewer (merk duidelik Kanga&Roo)
- Donasies vir die aankoop van babamelk en ander benodigdhede

Projekleier:  Maria Kirsten
Koördineerder:  Frederike van Schalkwyk 

Die Pêrel Projek is ‘n gemeenskapsontwikkelingsprojek van Helderberg Uitreik. Ons help ouers, jeug en kinders om hulle identiteit in Christus te vind en hul volle potensiaal te ontdek en te ontwikkel. Die doel van die Pêrel Projek is om mense te bemagtig en onafhanklik te maak.

Ondersteuning in plaasgemeenskappe
Die Pêrel Projek ondersteun ‘n aantal plaasgemeenskappe in die Helderbergkom. Deur vroeë kinderjare ontwikkeling, opleiding in evangelisasie, lewens- en handvaardighede wil ons die mense toerus sodat hulle op die lang termyn aan hulle eie lewensbehoeftes kan voorsien.
Ons werk saam met skole en ander projekte om die gemeenskappe optimaal te bedien.
Die Pêrel Projek werk waar die mense woon.

Wat doen ons?
• Lewensvaardighede/evangelisasie vir kinders, tieners en volwassene
• Handvaardighede
• Hulp aan skoolkinders by huiswerk
• Ekstra wiskunde klas
• Ecobricks werkskepping (Hessie se stene)
• Biblioteek met DVD’s en boeke
• Bewusmaking van dwelms en alkoholmisbruik
• Maatskaplike hulp
• Skep werksgeleentheid deur Ecobricks
• Naaldwerk (16+)
• 1x per jaar uitstappie vir kinders wat deelneem aan ons aktiwiteite.
• Armoedeverligting, voorsien van skoolbehoeftes. verspreiding van oorskietkos,
• Kersgeskenke vir bejaardes
• Kersgeskenke vir kinders wat deelneem aan ons aktiwiteite
• Deelname aan kampe vir kinders en jeug
• Sport organiseer in die gemeenskap en vervoer vir spanne wat uit speel

 

Projekleier: Vakant. Aansoekers vir hierdie vrywilligersposisie kan die sentrumbestuurder kontak vir meer inligting.
Sentrumbestuurder: Inge January
Kontakbesonderhede: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
St Jamesstraat 10; Somerset-Wes Tel: 021-852 5720
www.helderbergdevelopmentcentre.co.za 

By Helderberg Ontwikkelingsentrum wil ons graag ʼn langtermyn verskil maak aan werkloosheid en armoede verligting. Ons doen dit deur middel van vaardigheidsopleiding en beroepsonderrig en -steundienste.

Studente deurloop ʼn intensiewe Huisbestuurkursus waarna suksesvolle kandidate ondersteun word om werke te vind as huishulpe, asook personeel vir gastehuise, restaurante of ander besighede.

Studente word ook bekendgestel aan die basiese beginsels van Entrepreuneurskap.

Die 5 dae lange Huisbestuur vir Bejaardes (Helping Hands) Werkswinkel is ook onlangs bekendgestel. Dit is gemik daarop om studente wie moontlik sal werk in huishoudings waar bejaarde persone woon, te help met aanvullende kennis en vaardighede om optimaal hul dienste te kan lewer. Die werkswinkel is ook oop vir privaat inskrywings waar werkgewers hul huishulpe kan stuur vir hierdie verrykingskursus.

Studente wat die kursusse bywoon vind baie baat daarby, aangesien hulle die geleentheid kry om in selfvertroue, asook ander lewensvaardighede te groei. Daar is deurentyd ʼn waglys van persone wat graag as studente wil inskryf.

Werkgewers word ook die geleentheid gebied om hul huishulpe as privaatstudente te stuur vir opleiding om hulself verder te bemagtig deur byvoorbeeld ons Kindersorg- of Gesinsmaaltyekursus. Of om in te skryf vir sommige van die vakke (Skoonmaakvaardighede, Wasgoedhantering of Kookkuns) wat tydens die Huisbestuurkursus aangebied word.

Ons behoeftes:
• “Borg ʼn student“- projek. Donasies ten opsigte van kursusaanbiedings van individuele of groepe studente word verwelkom.
• Besighede as vennote om armoede te help verlig.
• ʼn Permanente perseel met groter fasiliteite sodat meer studente gelyktydig opgelei kan word.
• Werksgeleenthede vir opgeleide studente’
• Vrywilligers met relevante agtergrond in onderrig en/of vaardigheidsopleiding as fasiliteerders om klasse aan te bied.
• Vrywilligers in steundienste: administrasie en ontvangs; gebouebestuur; bemarking; sosiale media; studentesteundienste nadat die kursus voltooi is.
• Vrywilligers om deel uit te maak van die fondsinsamelingspan: kan deel uitmaak van die markdae komitee en/of die befondsingsadministrasie span.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri